Wat ek verstaan is dit:
1. Jy moet eers weet hoe ver jy wil/moet gooi ?
2. Jy moet weet hoe groot(gewig) aas jy nodig het ?
As jy ver wil gooi het jy 'n lang stok nodig.
Vir ver gooi- 100 meter plus:
Hoe swaarder jou aas, hoe swaarder jou sinker. Klein aas 5-6 oz sinker. Groot aas 7-8 oz sinker.
Hoe sterker die wind van voor hoe swaarder die sinker.
Vir meeste van die gevalle van die strand af behoort 'n 14' stok 5-7 oz voldoende te wees vir eetvis.
Van die rotse af is afstand in meeste van die gevalle nie so noodsaaklik nie en 'n korter stok behoort voldoende te wees.
Dit is harde werk om met 'n lang stok te hengel vir lang tye aan een as jy jou stok in die hand hou. Korter stokke plaas minder stremming op die hengelaar vanwee die kleiner hefboom effek.
Dit is soms baie voordelig om met 'n lang stok by riwwe te vang want dit gee jou hoogte om die sinker en vis oor banke te lig. Dit sal van die hengelplek afhang.
Ek het 'n Shimano EXAGE 1468 vandat hulle op die mark gekom het en ek doen alles daarmee. Ek gooi net nie 8 oz sinkers nie want ek is aan die verkeerde kant van 55.
My lengte is 1,8m. Dit is makliker vir 'n lang man om 'n lang stok met 'n swaarder sinker te hanteer, of so dink ek. As jy korter is sal dit meer sukkel.
'n Thorium 30 of Daiwa SL50SHK is lekker katrolle vir my stok.
Ek oorweeg om eerder 'n 13', 5 oz stok te koop vir van die redes hierbo genoem.
Agt uur op die strand met 'n 14' stok in die hand met selfs 'n ligte windjie vat 'n klomp stremming.
Ek hengel hoofsaaklik tydens my jaarlikse vakansie in die winter 6 dae per week vir drie weke in die Suidkaap en teiken Kabeljou, Steenbras, Galjoen, Belman en as daar 'n verdwaalde Mosselkraker is vang ek hom ook. Ander panvisse kom ook uit.
Nadat ek 'n lang stok gekry het en verder kon gooi het ek baie meer vis van die strand af begin land.
Haaie vang ek nie meer nie. Net as hulle nie my nylon strop afbyt nie.
As julle wil weet wat ek van haaivang dink kan julle my PM. Ek sal jou graag vertel.
Daar is seker ook 'n paar ander oorwegings ook.
Hoop dit help.
PI