Ek het besluit op bietjie meer afstand en het my 2 x 10 voet Sensation stokke saamgeneem en ongeveer gegooi op 60 meter elke keer (redelik op die kol). Ook het ek die battlebox by die huis gelos en die groot kas saamgevat.
9 uur skree 'n katrol en ek slaan vas, dadelik kon ek voel hierdie is nie 'n klein graskarp in die dam nie.
Kombinasies vir die dag wat vis gegee het:
1)Bunspice 32 en Crazy Bull
2)Rooi GP en Scopex
3)Stuttaford en rooi X Factor.
Die vis het glad nie op wurms gebyt nie (Naruto sien jy ek het die keer my bril aangehad

) en die suksesvolste aas was 'n custard pap backing met cinnamon floats. My Old School Broodjie het van die skelm byte opgelewer.
Pitte het geen byte gelewer nie.
Hierdie outjie kon ons nie weeg nie, want Skoonpa se skaal trek net tot by 8 lbs.
Sy groter boet het my 7lbs lyn omtrent 6 meter van die kant af gebreek.