Rietvlei Sessie

Fishnewbie

Senior Member
So as iemand nie my planne opneuk nie, dan gaan ek vroeg Saterdag oggend die koue aandurf en gaan kyk of ek n ou snorretjie kan optel, hopelik is dinge bietjie aan my kant. Het so paar kuikens gekry by Henkor, en het voerballe gemaak van Mieliebom, hoender lewers wat in die blender was, gepreserveerde bloed plasma en morvite om beter te bind. Lyk asof ek molasse daarin gegooi het. Enige iemand onlangs daar gaan hengel, gaan daar darem iets aan?
 

Fishnewbie

Senior Member
Eks seker een van daai reptile petshops sal in vooraad he, hulle diertjies moet eet ook. Sal vanmiddag gaan draai by, dankie vir die advies.
 

Unlimited

Sealiner
Sterkte!!

 

Ek wou alankal daar gaan baber try het, maar my redenasie was dat dit nie n groot dam is nie, dus glo ek nie daar sal babers oor 20kg wees nie. By gese, ek glo daar is karp bo 20kg daar, so daar moet dus baber bo 20kg wees... Laat weet ons
 

Fishnewbie

Senior Member
Ag ja wat, hierdie is die eerste keer wat ek rerig gaan om te probeer. Het al my +-10kg daar gevang, en het al gehoor van n 13kg wat daar uitgekom het, so hulle is daar en dalk kom wei hulle by my. Ek oorweeg om een van die eerste spots op die dam te vat, 1,2 of 3 om by daai riete daar te wees, andersins een van die laaste spots, maar dis winter, so die spesie manne gaan daai plek vol sit.
 

Fishnewbie

Senior Member
So ek het so paar (60) krieke gekry, hulle is n mooi size, vir R59, so mens kyk na n rand n kriek, not bad at all. Sal maar kyk hoe ek hulle gaan rig, dink om so 3 of 4 sommer op n hair te sit, klink reg vir my.
 

Naruto

Sealiner
Fishnewbie wrote:
So ek het so paar (60) krieke gekry, hulle is n mooi size, vir R59, so mens kyk na n rand n kriek, not bad at all. Sal maar kyk hoe ek hulle gaan rig, dink om so 3 of 4 sommer op n hair te sit, klink reg vir my.
Waar het jy die krieke gekry en is dit die swartes?
 

Fishnewbie

Senior Member
Wel hulle is nie Pik Swart soos die wat jy vang in die bos nie, meer n donker bruin kleur, ook ongelukkig nie so groot nie maar as jy hulle aanhou sal hulle so groot raak dink en dalk swart, eks nie veel opgeclue met bugs nie☺☻. Hierdie is give or take so 2 - 2.5 cm en die wat jy wild vang is seker so 3cm. Sal gou n foto organise en post.
 

Fishnewbie

Senior Member
Die krieke soos ek hulle onthou lyk so. So nie die pikswartes nie, maar wat ek vinnig gelees het is dit dieselfde spesie. Gaan dalk gou huistoe dan sal ek n foto kry.
 

Attachments

  • 5754600230_1af866a749_o.jpg
    5754600230_1af866a749_o.jpg
    217.9 KB · Views: 200

Fishnewbie

Senior Member



Dis hoe hulle lyk, ek sien daar is verskillendes in, maar die meerderheid is bruin. Ek het dit gekry by tip top pet shop in centurion.
 

Fishnewbie

Senior Member
Al wat ek kan se, is ek is bly ek het nie 5uur gery soos beplan nie, dit was bietjie koud gewees vanoggend...
 

Attachments

  • IMG-20110730-00135.jpg
    IMG-20110730-00135.jpg
    24.6 KB · Views: 178

Skuimkop

Sealiner
In my opinie is krieke en kakerlakke nou tot so middel September (afhangende ook van die koue natuurlik) een van die mees suksesvolle ase om klomp babers te vang en die mooi grootes kom ook gereeld uit op die baits. Inteendeel dit sal nou die ase wees wat ek eerste sal aanbeveel.

Vir moerse groot pret probeer om 'n kriek met jou vliegstok uit te kry met floating lyn. Of om die kriek stoom af te laat float met jou ligte gerei. Mensig maar ek praat my nou skoon in 'n viskoors in, lol.

Ps: Ek gaan binnekort Roodeplaat intens target en die krieke gaan verseker in my arsenal wees om die snorre te probeer uit te oorle en ek sal hopenlik goeie terug voer vir julle hier kan kom gee.
 

AYOBA!

Sealiner
Skuimkop, ek beplan om volgende dinsdag roodeplaat en die draai te doen in een dag, waar kry ek jou ?
 
Top