Verder wat die trip betref (deur Johan Marx van Trucella): toegang is R25/persoon en R25/kar. Sessie was gehou op 2 Des 2009 heel regs teen die lyndraad. Daar is gras tot teen di water met geen obstruksies in di water nie. Water is 1m op 15m van di oewer af. Hulle het met n strawberry nesquik degie gehengel en wintergreen, piesang en tutti fruiti floaties. Daar is lastige geelvissies, so wees suinig met di floro. Hulle het vanilla en nesquik in die voer gegooi. Die hengelafstand was 60m. Strop was n M0 gly rietvlei, 7lb hoeklyne en #1 Daiichi hoeke. En dan dit wat almal vra. Die dips was karamel en amandel (fx en almond s? Ek weti wat noem Trucella hulle dips nie) en piesang en amandel (seke mar banjo). Thats that in short.