Renosterkop or RDW?

Jafta1

Senior Member
Good evening. Work has kept me a bit busy and want to go bass fishing this coming weekend from my boat. What is the fishing like at the 2 dams? I've heard Bronkies is also not fishing bad at this stage.
 

Jafta1

Senior Member
Met die winter wat die eintlik eers die moeite werd maak om na 1/2 7 by die water te wees, het ek nie kans gesien vir die verkeer vanaf PTA tot by Renosterkop. Eerder die snelweg na RDW aangepak Saterdag en was ons so 06:45 by die water en net na 7 reg om te vang. Ons het begin in die baai aan die regterkant van die damwal en daar paar klientjies gekry. Ons het toe geskuif na die oewer oorkant die lanseer area en die hele oewer to by die baai links van die salad bowl (nou 'n groot eiland) prober. weereens net kleiner visse tussen 450-700g gekry. Ons het sukses met donker Flukes op die bodem gekry en het ek ook met wit jerkbaits paar gekry in 1.5m water. Die beste areas was maar by graspolle in die water so 5-6m van die kant in 1.5-3m water.
Ons het toe geskuif na die inloop en moet ek julle aanraai om eerder vanaf die area waar die pontoon boot nou ver op die wal le, oor te skakel na jou trolling motor. Die water is so 2m diep van daar maar het ek paar trein spoor stawe gekry wat nou net uitsteek in 1.3m water. Ek is nie seker of dit ou heining pale is wat nou eers uitsteek maar kan baie skade maak vir mens.
In die area is daar ook vrek baie krokkenosters. Ek dink ons het seker 20 gekry daar. Ook darem bobbejane, rooibokke, vlakvarke en baie water voels gekry wat dit altyd lekker maak om daar te sit en die baars te prober vang.
In die rivier area het rooi en swart spinnerbaits met willow blades die beste gewerk. Ek moet bieg dat alhoewel die hengel die die winter stadiger is by RDW was die koeler weer baie beter as die 40grade + van die somer daar!
Wees ook maar net versigtig vir pot holes tussen die N1 en die reservaat se afdraai.
 
Top