Henning Venter
Sealiner
die manne kla oor my engels so hier is my report in boer! ons saterdag liga gehad in struisbaai. ek was nie lus om nat te word nie en ook nie ver te loop nie. die klippe het bitter mooi kleur gehad so ek en big mick het die klippe aangedurf. by lighuis het mic n mooi spottie gekry. ons is brood toe en kon nie glo daar was niemand nie. mic het n raggie van 193cm gekry en ek een van 178cm. Die see was aan die gang en die area was effe challenging. kyk foto. my raggie was getag A135897 en 178cm lank. male!