RCI Oorde waar 'n man kan vis???????

Grootseun

New member
Middag manne, ek het weer hulp nodig.

Ek is besig met die beplanning vir my Desember vakansie en soos gewoonlik sal ek graag bietjie wil pap gooi terwyl die vrou die gemak van 'n chalet of rondawel tot haar beskikking het.

Ek wil uitvind of enige iemand kennis dra van RCI/Holiday Klub oorde waar daar wel ook 'n dam is vir varswater visvang.

Ek dra kennis van die Cayle Lodge op die Bell Park Dam en was verlede jaar daar.

Ek dra ook kennis van die RCI oorde rondom Harties.

Enige ander voorstelle sal hoog op prys gestel word. 
 

AYOBA!

Sealiner
dit is ja, en jy moet laaaank voor die tyd bespreek of baie gelukkig wees om 'n kanselasie te kry, ons kry gewoonlik die houthuisies reg langs die dam, no 10 is die beste, parkeer jou kar/e reg onder die huise, dis ook lekker stil aan daai kant gedurende die aande, ons het al wilds bokke gehad tot amper teen die huisies, no 9 is altyd ons 2de opsie...
 

AYOBA!

Sealiner
blou apies is 'n baie groot probleem daar, kry vir jou 'n kettie met rooi rek, jy wys dit net na hulle kant toe en hulle laat spaander...
 

Grootseun

New member
Omaramba is 'n oord in privaat besit en nie geaffilieer aan enige ander groep soos die ATKV of RCI nie.

Ek het bietjie die Holiday Club boek studeer en dit spyt my om te se dat daar omtrent geen van die oorde is wat ordentlike varswater karp visvang fasiliteite het nie.

Daar is hope oorde in die Mpumalanga area wat fantastiese vlieghengel fasiliteite het maar ek glo nie die forel gaan so lekker byt op my Banjo Floatie en SWD backing met plain Supercast bom nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek he wel op 'n plekkie afgekom in Cullinan, Little Eden, wat glo rivier visvang het, ek neem aan dit is ook vlieg hengel, weet egter nie hoe breed die rivier is nie en hoe sterk sy vloei is nie.

As enige iemand al hier was, sal ek die terugvoer hoog op prys stel.

 
 

lebaka

New member
daars i plek by sterkfontein dam ons was daar en is seker dis rci.

en daar is moerse lekker geelvis hengel
 

Grootseun

New member
Naruto, die plan is om dit nog een dag te doen maar obviously sal ek dan die equipment moet aanskaf om dit ordentlik te doen en op die stadium is my kennis daarvan bitterlik beperk.

Ek glo nie die ander vissers gaan te impress wees as ek my kas en stand daar op die strand opslaan, my mieliebom met die seewater aanmaak en na ek gegooi het my dobbertjie styf maak nie!!!!!

 
 

Naruto

Sealiner
Grootseun wrote:
Naruto, die plan is om dit nog een dag te doen maar obviously sal ek dan die equipment moet aanskaf om dit ordentlik te doen en op die stadium is my kennis daarvan bitterlik beperk.

Ek glo nie die ander vissers gaan te impress wees as ek my kas en stand daar op die strand opslaan, my mieliebom met die seewater aanmaak en na ek gegooi het my dobbertjie styf maak nie!!!!!

 
Hahahahahahaha...
 

JVW

Senior Member
Haai Grootseun,
                          Kom saam met my Klein Brak toe-jy scratch met n kort stokkie en koffie meul tussen die rotse-Kolsterte,Stompneuse,Baardmanne....-baie lekker pret.
In die aand sit jy op die strand en wag vir n' Kabeljou-geen probleme t.o.v. veiligheid nie-vra maar vir SHELVIE en die locals.Ook lekker rivier hengel.

Ek is Desember weer daar.:fishn:fishn:fishn
 
Top