Rattlers

die spook

Senior Member
Hallou kerels

Onlangs het ek twee Kingfisher Rattlers tot my arsenaal gevoeg. Een lyk soos n hardertjie terwyl die ander n wit lyfie met rooi koppie het. Albei swem op n diepte van so 0.8m. Het julle al met hulle gevang? En wat spesifiek teiken julle met hulle? Ek laai n kiekie van die twee blikskottels.

Groete

Spook
 

Attachments

  • Rattlers.jpg
    Rattlers.jpg
    27.2 KB · Views: 479

Ben REINERS

Sealiner
Staff member
@ Spook - Ek het n paar v hulle in my versameling & hulle werk uitstekend. In jou soutwater mondings, die riviere, lagoons , in die hawe,  vd rotse af in redelike plat water v GT's, shad, pickhandle's, riversnappers, perch om maar n paar te noem.

Ek hou vd verskillende kleure waarin jy hulle kry & is goedkoop geprys teenoor ander kunsase.

Net gister het ek hulle weer raak geloop v R49 & by n ander handelaar v R59 - so ja,  ek koop eerder 2 RATTLERS v R100 as 1 Rapala v R100.   
 

die spook

Senior Member
Hallou Ben en Bennie

Ek het so bietjie op ander forums gaan lees oor die Rattlers en ja almal skryf goeie goed oor hulle. Hier in die Kaap gaan hulle vir n rapsie onder R50, wat uitstekend is.

Ben, hoe vinnig katrol jy hulle vir elf? Dit en leervis is ongelukkig al wat ek hier in die Kaap van die kant af teiken.

Dankie
 

KARLR

Member
Ek het die "rattlers" so paar weke terug op die Zambezi gebruik vir tiere. Baie goed gewerk, maar as n meneer tier hom raak gebyt het, gooi maar weg.  Maar teen R50,00 elk bly dit n bargain.

Nog nie in die see probeer nie, maar sal wel binnekort probeer as die elwe inkom.

 
 

Ben REINERS

Sealiner
Staff member
Ek wissel die retrieve met elke spesie vis & tov vd tipe (plat water, rowwe water) wat jy teiken.
Van stadig & kort plukkies tot medium & vinnige retrieve. Wissel die stok aksie om baitfish wat vlug na te boots. Ek vind as jy te vinnig in bring, dan verloor hy sy natuurlike aksie.
 

die spook

Senior Member
Dankie Ben, ek sal eksperimenteer soos jy aanbeveel.

KARLR ek het nog nooit n tier gevang nie maar ek hoor hulle baklei hard. So bietjie van die punt af, maar het jy al ooit lepel gegooi van Gericke se punt af? Ek dink mens kan lelike leeries en dalk ook geelstert raakloop daar.

Spook
 

KARLR

Member
Spook, het daai hele area al gegooi vir elwe en leervis met lepels en rapalas.  Die beste leervis tyd is maar van einde Januarie af, wanner die grotes inkom.

Ook n goeie strand vir cobbies met paddletails en clones, as daar mooi sloepe is.

Jy moet maar gooi, mens weet nooit !!

 
 

KARLR

Member
Die Spook,

Nee, het nog nie. Het maar altyd n paddle-tail of n "clone-lure" in my sak, wat ek gooi as die water mooi lyk.

groete

 

Karl

 

 
 
Top