raad asb dringend benodig

Visman

New member
Gebruik min konsentraat en moenie te veel aan jou konsentraat verander nie. Kies kombinasies bv

Devils Fork & FX
Kiana & Paint, Of wat jy ookal weet werk by die venue

Stick met jou combo's - gebruik gewone wit deeg en supercast mieliebom.

As jy niks vang nie, verander distansie voor jy aas verander. Die wen resep - as die vis nie byt nie, gooi jy gewoonlik waar dei vis nie is nie.
 

Naruto

Sealiner
Beste vangste wat ek nog by Bronkies gehad het was met 1-2-3 pappie. 1 deel koekmeel, 2 dele mieliemeel en 3 dele water. Kook in microgolf vir so 5-8min. Jy can custard poeier byvoeg as jy wil. Ek meng suiker ook saam in. Wat jy dan doen is om Sultanas op die hoek te sit en dan die pap om die sultanas te sit soos n bolletjie(soos ons vroeer jare met mielies gemaak het).
 

Visman

New member
Dit bly maar persoonlik.... Pap is swaarder as deeg. So die vis tel die skoon degie op 'n 0.8 hoekie baie makliker op as die pappie..... Die tyd van die jaar is die vis nog nie aggressief met die optel van aas nie...

Net my 2c - Ek gebruik omtrent 'n vuurhoutjie kop se deeg per hoekie.... Ek verkies "fyn" hengel.
 

connas

New member
@naruto

jy het nie dalk n foto van hoe die eindproduk moet lyk nie ?
ek weet vroeer het die mense erg met n bruinbood papppie en n mielie pit gehengel ek kan nou nie so lekker onthu hoe die metode was nie het hulle die mielie bo gesit en di pappie onder of anders om asb sal graag die metode wil probeer as my sekondere aas my primere gaan n verdunde banjo deeg wees
as iemand dalk n foto het sal ek dit baie waardeer die penn waar ek gaan hengel weet ek al presies wat werk waar watter tyd vandie jaar ma soos ek se ek wil nuwe taktiek benader en met iets nuuts opkom wat die visse nog nie van te vore op die pen mee gevang is nie
ek het al maet al wat n deeg soort is op die pen gevang en redelik goed gevaar dameer maar ek en my friend het n friendlike wedstruit aan om te kyk wie kan die meeste vis van in die sessie die voruige sessie wat ons ge hengel het het ek verloor met een vis se gewig en dit was 9,5 kg so ek hoor nou nog hoe hy my ore aan gesit het maar die sessie wil ek dit weer laat omdraai hahahaha daar is niks lekkerder om net te sit en gesels langs die water oor waTSE GROOTE VIS AL WAAR MET WATSE AAS GEVANG IS
sover wen hy op die snaakste aas wat bn stuk sunlight seep was en snaaks genoeg die dag het ek dit vir die eerste keet in my lewe beleef dat die vis daarop gebyt het

enige fotos van presentation van die eind produk sal waardeur word

friendelike groete

connas
 
Top