My Beste sukses met baber ,
hoe groter die platanna hoe groter die baber hoek 6/0 to 8/0 , coated steel 100 lbs + wire so 1 meter lank krip skuif,. Lood 1/4 ounce so 10cm bo die hoek vas dit keer dat die platanna op die oppervlak kom rond hang gebuik nou 500ml koeldrank bottel vir prop gooi so klein bietjie geel verf in om hom beter te kan sien en sand of water om bietjie gewig te gee .
Belangrik , maak eers jou strop , hoek , steel wire , swivel , maak nou jou bottel aan die swivel vas op die swivel ogie naaste aan die hoek ek gebruik sommer stukkie koper draad
Haak nou die plattie deur die onder en bo lip.
vergeet die klein platties kry oordentlikke size die plattie moet die prop bottel aan die beweeg hou , As jou prop nie beweeg nie is die plattie te klein of versuip haal maar af en sit nuwe op
Stike as die prop onder die water ingaan nie voor die tyd nie ,
Soek die plekke waar die baber op die oppervlak kom lug skep , of wat
ook al hulle doen , jy kan nie verkeerd gaan nie miskien net uit platties
uit hardloop
As die vis na aan die wal kom laat jou buddy die bottel gryp en die vis tot op die kant sleep .