Platties in Cape town

Skuimkop

Sealiner
Buiten dat jy in die Wes Kaap nie met Platties mag vang nie is die Kaapse Plattie 'n bedreigde spesie en natuurlik kan jy nie ander provinsies se platties hierheen vervoer of aanhou nie. Blykbaar 'n issue daaroor ook.
 

hippo

New member
Hi Ouens,

Die Kaapse Ordonnasie maak dit duidelik dat GEEN amfibië, enigsins gevang of vervoer mag word nie - om met hulle te hengel is dus ONWETTIG, ongeag of jy hulle in die dam /rivier waar jy hengel gevang het.

Daar is blykbaar 14 verskillende soorte Platannas (African Clawed Frogs), waarvan daar een spesie endemies tot die Kaapprovinsie is, naamlik die Kaapse Platanna (Xenopus gilli ).  Hierdie platanna kom in die damme/mere naby die see voor en verkies water met 'n redelike hoë Ph, in teenstelling met die Gewone Platanna (Xenopus laevis) wat 'n laer Ph verkies.

Die probleem is egter dat die Gewone Platanna kannibalisties is en die kleiner Kaapse Platanna (en ook ander paddas), vreet en ook kruisteel met die Kaapse outjie.  Die mannetjies wat uit hierdie kruising ontstaan is blykbaar steriel, maar nodeloos om te sê het dit 'n wesenlike impak op die Kaapse Platanna wat reeds 'n beperkte verspreiding het.

Hoop dit laat julle twee keer dink oor die gebruik van "Platties".

 
 
Top