Platannas

hsventer

New member
Ek is opsoek na raad. 'n pel van my se spilpunt se pomp raak verstop van al die platannas wat opgesuig word. elke keer as hy die sif oopmaak is daar net dooie paddas in wat vermink is. enige raad hoe ek dalk 'n trap kan bou om die paddas te probeer vang. die water word gepomp uit 'n groterige gronddam?? ons wil babers daar ingooi in die probleem te probeer oplos maar eers moet ons aas in die hande kry!!!
 

Cheetha FS

Sealiner
Het op ons plaas die selfde probleem gehaad en toe bou ek n klyn hok wat oor die pyp pas wat keer dat die platanna in die pyp kan kom of selfs aan die sif van die pyp kan vassuig. Om platannas te vang het ek vir my n hok soortgelyk aan a krap hok wat op die program Deadliest catch is net baie klyner met maalvleis in die hok.
 
Top