Sug....soos gewoonlik het hierdie thread alweer gegaan vir 'n bollie.
Die issue is steeds dat een van die laaste (indien nie die laaste nie) stukkie strande waar mens nog vanuit jou voertuig kon hengel, nou nie meer beskikbaar is nie.
Dis een van die mees gewilde hengelareas binne kort ry afstand in die Kaap en 'n area wat tot nou toe gereeld ook deur die georganiseerde hengel gebruik is. Dink bietjie wat die implikasie is hiervan vir die ander Valsbaai hengelareas. Dit gaan sommige dae feitlik onmoontlik wees om plek te kry by van die areas soos Strandfontein, Beespens, ens.
Mens kan reken jy parkeer maar en stap na waar jy wil hengel, maar dis nie daar 'n opsie nie. Afgesien daarvan dat dit 'n hengse risiko is om jou voertuig onbewaak te laat, is dit vir veral die manne wat met lewendige aas hengel, bietjie van 'n probleem wees om alles saam met hulle vir twee kilometer plus, te karwei.
Ek dink egter al hierdie gewonder en gebitch is nie die antwoord nie. Die georganiseerde hengel moet bloot met die owerhede kommunikeer en iets "organise". Probleem is egter dat dit tot gevolg kan he dat slegs die Klubs toegang kan kry.... Het dit al by ander plekke gesien gebeur.