Hi,
Weet jy ek weet nou nie veel van voerplek maak af nie maar het die naweek by rust de winter deurgebring. Ek was al so paar keer van tevore daar en het net 1 keer so 4 karps gevang vir die naweek(Was nie vir my 'n lekker dam nie maar hy is naby toe besluit ek om weer daarheen terug te gaan) ek het besluit om voerplek te maak want ek was toe nou al moeg vir niks vang in daai dam. My voerplek het bestaan uit 'n 12,5kg wildslek, 20kg supecast mieliebom aangemaak met die suur water van my nuwe carp hunter 5kg particle mix, 1kg tigernut mix, 5kg maroek, en dan die bak suur particles.
Ek moet se, ek het donderdag so 3 uur my stokke in die water gehad, en tot omtrent 10 uur daai aand kon ek nie my g@t draai nie, want dit was die een stok na die ander een wat gebyt het...vrydag het die wind verwoes gewaai, maar dit het niks aan die visvang verander nie, nie die byte of die aas nie. Ons stilste dag was saterdag, ons het omtrent 12 runs gehad. sandag het dinge weer begin optel, het van 5:30 tot 11:30 wat ek opgepak het nog 7 runs gehad...
Die naweek het omtrent 70 byte gelewer waarvan 30 karp uitgekry is deur die magdom gras in die dam, 12 geelvis, en 2 baie klein babers, so 42 vis was geland, en ek jok nie as ek se ons het omtrent 30 runs gehad waar die lyn afgebrand was deur die baie gras.
Ek probeer nou nie die suur voer goedpraat nie, want ek weet ook al vandat ek klein is, vis eet nie suur k@k nie

maar ek moet se ek kon nie vra vir 'n beter of besiger naweek langs die dam nie...
Die average size karp wat uitgekom het was so 2kg...
Ek hoop dit help so bietjie.