Palm Beach Strand Hengel

Snipes_007

New member
Hi Mede Vissermans Vriende

Ek en n paar vriende beplan om einde Augustes vir n lang naweek ons geluk te gaan probeer by Palm Beach aan die Suid-kus van Natal. Ons gaan meestal van die strand af hengel hier en wil graag vra vir enige raad oor aas, tegnieke, tipe stroppe om vir verskillende vis spesies te hengel. Ook watter vis spesies behoort die tyd van die jaar vir ons n gelukkie op die kole te besorg.

Ek het gedink om vir Shad en dalk moontlik dan selfs vir Kabeljou te probeer as die Shad mooi loop? Ook gedink moontlik RockCod? Mussel Cracker? Garrick?
Enige hulp met gunsteling "spots" in die area sal ook baie waardeer.

Dankie by voorbaat vir al die raad.

Hengel Groete
 

Pslatarix

Sealiner
Yes ja! Awesome area ! High Rocks is maar die beste plek vir shad asook kobbies . Baie streepies in die area ook . Stroppe kan jy alles kry hier op sealine doen net n Search in die traces sub forum. Verder suid na die gety poel se kant is daar mooi bronze bream wat uit kom. En voor die gety poel goed vir kraaker! Ook die regte tyd van die jaar vir n kraaker. Aas - sardyn vir shad, lewindge aas of tjokka sardyn mix vir kobbies, pink prawn of sand krewel vir bronze bream en kraaker. Vir kraaker gebruik rots krappe of spook krappe as ook tjokka. Geniet hom. Wees net versigtig as jy in die aand wil hengel. Beste tye is maar laat middag en vroeg oggend. Daar kom ook so nou en dan n catface of yellowbelly rockod daar uit. Try makriel of redeye vir hulle
 

Snipes_007

New member
Hi Pslatarix

My maat, BAIE dankie vir jou waardevolle raad en inligting. Ons gaan definitief daarvan gebruik maak en glo my die fotos sal getuig as ons gelukkig is.

Gesels weer, en as daar intussin nog raad by jou opkom, stuur asseblief aan, maar ek vertrou met die huidige wat jy met ons gedeel het gaan ons defnitief n lyn of meer styf sien!

Groete
((goodp_ & ::tight:
 

Pslatarix

Sealiner
Awesome! Hoop so vir julle part! Moet ook nie vergeet van die garrick / leervis wat dalk daar sal wees! Voorspoed tjoma
 
Top