Ou Simon se moer-koffie…

awsum

Senior Member
Die werklikheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat dink oor wat jy eet en drink by die werk.

Die meeste besighede het gewoonlik ‘n bode wat allerhande los werkies moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoorpersoneel te maak.
Ou Simon was die naam van ons bode by die bank op die klein dorpie waar ek gewerk het. Hy was, om maar die minste te sê, ietwat van ‘n slons, of in plat Afrikaans, ‘n regte ou vuilgat. Rooi-gesuipte oë, goudgeel tande van al die BB twak wat hy met koerantpapier rook, ‘n flenter uniform (hy verkoop die nuwes vir drankgeld), en ‘n bonatuurlike sweetreuk wat genoeg is om ‘n trop muishonde te laat omkap.
Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon se swak afstofwerk, die halwe skoonmaak, en daai ondraaglike klank wat hom soos ‘n grou skaduwolk agtervolg het. So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies moontlik gegee om hom net uit die bank te kry. Wat ou Simon natuurlik erg misbruik het, deur meestal met ‘n papsak wyn agter in ‘n stoorkamer te gaan lê en slaap, altyd sonder sokkies.
Die sterk ligaamsaroma was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hardgekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minste ses verorber het met middagete. Die eiers was afkomstig van sy twaalf henne wat hy aangehou het by sy kaia in die lokasie.
Alles was in orde, todat mnr. Venter, die nuwe bankbestuurder een dag gaan soek het na skoonmaakmiddels in die stoorkamer agter in die bank (waar niemand ooit kom nie). Dis toe dat hy op ou Simon se roetine afkom.
Hy sien hoe ou Simon rustig lê en slaap, sy maag vol hardgekookte eiers (en goedkoop wyn) – en merk hy  â€˜n paar nat sokkies op wat aan die venster se diefwering opgehang is.
Mnr. Venter het een en een bymekaar gesit en besluit toe om die volgende oggend vir Simon skelmpies dop te hou oral waar hy gaan. Tot sy ewige spyt, sou hy uitvind.
Die bank het ‘n 15-liter blink vlekvrye staal elektriese waterkan gehad wat heeldag staan en prut het vir kokende koffiewater. Dis nou hier waar die groot ontnugtering vir mnr. Venter soos ‘n vuishou tussen die oë getref het.
Hy sien hoe Simon die kan vol water tap, hom aanskakel, en toe ewe rustig by ‘n tafel gaan sit. Mooitjies pak Simon sy ses rou eiers uit ‘n tassie op die tafel, buk af en maak sy skoenveters los. Daarna trek hy sy skoene en sokkies uit en plaas drie eiers in elke sokkie. Toe haal hy die deksel van die koffiewaterkan af, hang die sokkies vernuftig oor die rand van die kan en knyp hulle weer met die deksel vas.
Soos wat die koffiewater kook, só kook Simon se eiers gaar, en kry hy sy vrot sweetreuk-sokkies sommer ook deeglik skoon.
Mnr. Venter sê nadat hy sy ingewande uitgekots het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om by die toilette uit te kom, het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gepos.
Tot vandag toe staan daai waterkan in die stoor onder ‘n laag stof en drink die personeel net gebottelde water en koeldrank.

Dis nou regtig ‘n geval van MOERkoffie, want ou Simion is goed ge-MOER oor sy manier van koffie maak!
 
Top