Oranjerivier se Babers

Pan

New member
Ek ry môre Upington toe vir 'n Baber sessie. Hou duim vas dat ek my huidige PB van 18kg gaan verbeter. Al wat my pla is dat ek gaan vrek van die hitte. lol
 

KLAASMAN

New member
Hier is n Oranjerivier Baber wat ek naby Sendelingsdrift gevang het.
 

Attachments

  • 098.JPG
    098.JPG
    25.8 KB · Views: 194

Pan

New member
Mooi Baber daar Klaasman, maar Sendelingsdrift is bietjie wyd vir my. lol
My Baber soektog het op die ou einde van die dag op 'n groot !@#$%& uitgewerk.
Ek wil nie lang stories maak nie, maar pasop maar vir website advertensies en gesprekke met oord eienaars. Die waarheid kom maar partykeer snaaks deur.
Die beste wat ek kon doen was 3kg...
Die Karpe het darem mooi geloop by Boegoeberg se Dam.
 

KLAASMAN

New member
More Pan. Ek sal die manne op hoogte hou as ek weer n trip teen die Oranje af reel. Ek het dieselfde al oorgekom met groot praatjies net om jou daar te kry. Die hengel spots teen die rivier se koordinate het ek op my gps en ek was nog elke keer suksesvol om n paar mooi babers en geelvis op die hoek te kry. Weet nie hoe voel die manne om 5-6 dae op die rivier te wees en te kamp nie, maar dit  is wel die moeite werd. Hier is een van ons kamp plekkies teen die rivier naby Sendelingsdrift. GROOT babers. 
 

Attachments

  • 093.JPG
    093.JPG
    42.1 KB · Views: 149
Top