Ook maar mens...

awsum

Senior Member






So kort voor di runderpes in Namakawaland is daar 'n oom en antie.
Hulle het kinders by dosyne.

By di geboorte vani laaste een waarsku di dokter dat di
antie se masjienerie ni meer so lekker is ni en dat sy
moontlik ni nog 'n geboorte sal oorleef ni.

Di oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil
nou ni sommer moedswillig di antie laat dood ni.

Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, ma di
ongedurigheid broei in hulle.

Een nag lê di oom wakker en hy hoor di antie se kateltjie
kraak en kreun soos sy rondrol.

Na 'n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien
dat sy hom met groot oë beloer.

"Jy keek vi my,"sê hy.
"Ja,"sê sy,"ek keek vi jou. "

"Nou maar hoekom keek jy vi my?" vra hy.
"Ek dink" sê sy.

"Nou maar wat dink jy so inni laatnag?" vra hy.

"Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom gee"
 
Top