Ontmoeting met redakteur???

Skuimkop

Sealiner
Dagsê manne.

As julle 'n meeting met een van ons top verkoper tydskrifte (bv Oewer Hengelaar, Stywe Lyne) se redakteurs kon gehad het, wat sou julle aan hom gevra, genoem of wou geweet het?

Ek vir een sou al die pics wou sien wat hulle moet ontvang van die republiek en so ook wat is die grootste aanvraag deur hulle (publiek). Dit sal nogal interesant wees om dit te weet.
 

Waldok

Senior Member
As dit die Oewerhengelaar is,sou ek vra hoekom verander hulle nie die tydskrif se naam na "Die Spesiehengelaar" toe nie? Meeste artikels is maar net gerig op daai faset van hengel anyway. Ek het die maand weer een gekoop, maar nog nie eers oopgemaak nie, niks regtig vir die konvensionele ouens nie.
 

LeonK

Member
:hyst::clap12

dis hoekom ek lankal nie meer daai tydskrif koop nie.......iets wat ek in graad 1 al gelees het kom so elke 2de jaar weer op.

en nie net een artikel nie, daar is n paar.

miskien moet hulle bietjie die halfmaan papgooiers op permanente verlof plaas en jonger bloed inkry

stywe lyne - hoekom is daar so baie ouemense wat artikels vir die boek skryf?

BA - kan hulle nie n opname doen van hoeveel spesie/match/konvensioneel/feeder hengelaars die tydskrif koop nie.
 

connas

New member
hoekom verskil die bytpetroon van die groter carps (suig ,suig die aas) in sekere dame as die van die kliener karps (gryp en laat waai )
 
Top