Onthou net die snaakse stories asb. Niks oorlog ni

Otto

Senior Member
Onthou net die snaakse stories asb. Niks oorlog nie!!

Ons staan in gelid op die parade grond en die een troep loer vir die Koporaal toe hy verby hom beweeg en die Koporaal se vir hom " as jy ooit weer vir my loer sny ek jou ooglede af sodat jy heelnag wakker le." Die troep langs hom lag lekker en die Koporaal se vir hom " en as jy ooit weer lag sny ek jou bo lip af sodat jy heelnag vir jou tjom kan le en smile".

Ons was op patrollie gewees vir 7 dae en kom moeg en honger in die kamp aan, die Sersant se so lekker vriendelik as ons klaar gestort het kan ons maar iets in die menasie tent kom eet. Na die stort gaan ons in die kombuis tent in en troep Cordier voel so aan die brood op die tafel en se " al weer ou brood hulle kon dit gehou het" met die stap die Sersant in en se vir die troep " Jy's ondankbaar, Hitler se manne sou gesmag het vir daai brood" troep Cordier haak toe af en se " Dit is so Sersant maar toe was die brood nog vars gewees".

 
 

Mouldz

Sealiner
I spent 18 months on the Southwest border at Rundu,driving transport vehicles,buffels etc,at first you are scared and always alert but after a few months you become "naafie",anyway we had a platoon of "roofies" come up for a bit of training ,we had to take them by "buffel" into Angola to one of the out bases,along the way we stopped for a break,the next instant all these guys were on the ground in the "dekking "position,rifles loaded and ready,while us oumanne sat on top of the "buffels" smoking,these guys just looked at us and got up slowly , you could here a pin drop before us "oumanne" just bust into laughter,
 

rofflign

Sealiner
I did my camps with a commando unit during the late 80's at the height of the riots on the cape flats and we had been issued with two brand new anti-riot vechiles to test.. they basically looked like police vans with a m@$%se big straight pole sticking up above the cab (think it was meant to pull down wires strung across roads..not to sure) anyway we decide to take one of the vechiles to go shopping and sommer make a turn at one okes house to have a quick dop, as we turned into his driveway all hell broke loose with heavy crunching sounds and the bakkie being rukked to a standstill..then it dawned! the pole on top of the bakkie had destroyed our mates newly erected meranti pergola...
 

Riaandl

Sealiner
Lucky or unlucky I missed the hole diensplig storie but got this story to share with you guys.

Eendag op die paradegrond staan die een troep (kom ons noem hom maar Jannie). Nou Jannie was een van daai mense wat glad nie gskrik het vir draf, hardloop, masjeer of gate grawe nie.

Maar so op die parade die dag doen hulle so bietjie drilwerk maar ou Jannie se links-omkeer is regs-omkeer, hy begin met die verkeerde voet masjeer en als is net 'n f$%op, so roep die sersant vir jannie en stuur hom 'n 'n olyfblaartjie van 'n boom te gaan pluk. Die sersant wys toe na die boom wat so +/- 2km ver is (daai wat net 'n sersant kan raaksien), en daar gaan Jannie teen 'n lekker stywe drafpassie. Toe Jannie by die boom kom wat die sersant gekies het kom hy agter dis nie 'n olyfboom nie maar 'n verpiepte ou doringboompie. Nou wat nou... Jannie draf toe maar nog so koppie verder en pluk 'n olyftakkie. Draf toe al die pad terug na die sersant toe wat nou al heel ongemaklik staan en rondtrippel en wag vir Jannie se aankoms.

Jannie kom toe daar aan en die sersant begin dadelik op Jannie spreeu omdat hy so lank gevat het. Jannie staan op aandag en wag dat die sesant maar moet klaar maak. Toe die sersant klaar geskreeu het en die are op sy voorkop begin so bietjie bedaar vra hy vir Jannie wat die boom toe vir hom gese het (die eerste een)

Jannie antwoord heel kalm - vertel jou sersant dat hy so bietjie moet leer hoe lyk die land se bome.

Sersant vererg hom toe bloedig en sê: Troep gaan soek vir jou die eerste k@khuis en gaan duik jouself tepletter teen hom vas. Jannie gee so 2 tree terug en sê:

SERSANT STAAN VAS WANT HIER KOM EK!!!!
 

G.I.JOE

Senior Member
Ken ook een van Jannie en n boom.

 

Jannie backchat die Sersant, met die jaag hy hom na die boom bo-op die hoogste koppie en sê hy moet die boom vra wat die boom van dit alles te sê het.Terug onder vra die Sant wat die boom sê , waarop Jannie antwoord:"nee sant, sorry maar die boom sê Sant moet homself gaan vra."……Jannie het skielik baie fiks geword!

 

 
 

Fanie

Sealiner
Die nag het nogal 'n manier om dinge anders te laat lyk as in die dag. Een aand patrollie en ons wil op die plato van 'n koppie gaan kamp. Die volgende oomblik toe staan daar 'n ry ouens met gewere langs ons - ons kyk vir hulle en hulle kyk vir ons.

Gelukkig was dit toe een van die ander patrollies wat dieselfde idee as ons gehad het, maar wat 'n eienaardige gevoel as die skimme so skielik teenoor mekaar veskyn !

Later dieselfde aand vang 'n luiperd 'n bobbejaan teen die een krans so 'n entjie van ons af. Dit klink of dit hier reg by jou gebeur - en daai geluide ! - net daar waar jy nie kan sien nie. As jy nog nooit bang was nie dan was dit 'n goeie tyd. Ek is seker die luiperd was 'n hele ent weg, maar dit het verseker geklink of dit net HIER was.


Ons moes een aand 'n skyn hinderlaag gaan doen. Nou as jy lank genoeg in 'n plek is dan weet jy mos nou hoe werk alles en wat is waar. Ons vrot kolletjie besluit toe ons gaan die ou spulletjie bietjie lekker die loef afsteek.

Ons 'reel' to ons eie ammunisie voorraad, ek kan nie onthou hoeveel magasyne ons elkeen gehad het nie, maar dit was 'genoeg' soos in jy sukkel om te loop. Gewoonlik kan mens mos nie met 'n R1 op outomaties rerig vinnig skiet nie omdat die loop oplig, maar as jy hom aan iets vasmaak ...

Die bevelvoerder het net die volgende dag net ingekom en gese 'kerels die hinderlaag was sulsesvol' en is toe weer daar uit (met 'daai' uitdrukking op sy gesig). Daar was nie veel oor van die teikens wat hulle uitgesit het nie, ek dink nie die resultate wat hulle gekry het was wat hulle verwag het nie. He he... hulle het ons nie weer 'n hinderlaag laat doen nie.


Ons kry hierdie nuwe jong naiewe rower dominee wat ons kapelaan word. In een van sy eerste Sondag preke in die kroeg (die regte plek om 'n kerk diens te hou want al die regte ouens is daar) vertel hy ons moet minder Dunlop en Firestone ondersteun (daai tyd was die idee om meer kinders te he).

Na die tyd wou hy by van die ouens weet wat se bande hulle op hulle karre het. Ek dink die voeltjie het bietjie hoog oor gevlieg ;-)
 

snorre

New member
Gehoor van die Rekkie en Polisiemanne uitdaging?

Man daar het 'n berig deur gekom dat daar 'n mensvreter krokodil in die rivier wat die grens vorm rond hang. die ding pla glo baie by die swem plek.

Kampkommadant gee opdrag krok moet gevang word en gee die groeppe 'n week om dit te doen. Die wie dit regkry kry 'n week pas.

Die Rekkies baie parraat vleig weg en begin die soek tog.
Poeliesman....? Ag nou ja...... bly poeliesmane, paarty heel week lank... suip en remoer sonder ophou

So teen die middag van die laaste dag strompel die rekkies moeg en moeddeloos die kamp in...........leë hande

Die sersant by die Koevoete besef hier is nou groot dubbel K middel A. Kry sy manne teen 'n spoed uit die kamp.

So twee uur later kry hulle 'n akkedis teen die pad loop. hulle gryp die akkedis en B!(k&#m sewe verskillende soorte hel uit hom uit.
Teen die tyd dat hulle terug is in die kamp is die akkedis heilig daarvan oortuig dat hy die mensvreter krokodils is, dié basuin die akkedis aan almal uit wie hy sien.

Moral of the story ............... You said it!
 

Otto

Senior Member
By ons kamp op die grens het omtrent almal een of ander dier aangehou wat hulle in die hande kon kry, van nagapies, groot ape, slange (die een ou het n Cobra gehad, daai ding was so 2 meter lank, sjoe die ou was groot en fris en hy was wilder as die wildtuin, hy het ons vertel sy ma kon n 4.1 Chev alleen voor aan die bumper optel, sy doopnaam was Yster, genuine), volstruise en daar was selfs twee ouens wat n Hyiena probeer mak maak het. Maar die koningin van die kamp was n hoender hen met die naam van "MINDAE". Sy het nie n baas gehad nie en was somer lief vir almal wat van haar gehou het. As jy laat middag jou 5c betaal het vir jou bier (koeldrank was 10c) het almal vir MINDAE n slukkie gegee. So teen 7 uur die aand het die ou hoendertjie iewers uitgepaas gele. More vroeg was MINDAE weer wild en wakker.
 

PH

Senior Member
Storie verwyder. Dit het gedoen gehad met inspeksie, maar dit was nie regtig "grappig" snaaks nie. Sorry
 

JFE

Senior Member
Tydens basies het ons een man gehad wat dit goed gedink het om kaal te slaap en dit in ope sig van almal. Die was ook nie een van die kleinste manne in die pelleton nie, het 'n #12 stewel gedra. Nou ja, een goeie sondag agtermiddag het ek en 2 ander makkers nou net genoeg gehad van die ontbloting. Ons het die stewel se veter uit geruig, die een punt aan die stewel vas gemaak en die ander punt in 'n skuif knoop gemaak. Die skuifknoop deel het ons baie versigtig op 'n manier wat ek tot vandag nie met sekerheid sê hoe sonder dat hy wakker geword het, om sy kroon juwele gekry. Die stewel het ons mooi op sy bors gesit, terug gestaan en gewag. Nie te lank en die maat word wakker, kyk na die stewel en skree baie upset "wie is die d....s wat dit gedoen het", en so in die opstaan vat die stewel en gooi hom in 'n rigting in. Kom ons sê net dat hy baie vinnig en met 'n ander tipe skree sy stewel gevolg het. Ek glo hy slaap tot vandag nie meer kaal nie.
 

G.I.JOE

Senior Member
JFE wrote:
Tydens basies het ons een man gehad wat dit goed gedink het om kaal te slaap en dit in ope sig van almal. Die was ook nie een van die kleinste manne in die pelleton nie, het 'n #12 stewel gedra. Nou ja, een goeie sondag agtermiddag het ek en 2 ander makkers nou net genoeg gehad van die ontbloting. Ons het die stewel se veter uit geruig, die een punt aan die stewel vas gemaak en die ander punt in 'n skuif knoop gemaak. Die skuifknoop deel het ons baie versigtig op 'n manier wat ek tot vandag nie met sekerheid sê hoe sonder dat hy wakker geword het, om sy kroon juwele gekry. Die stewel het ons mooi op sy bors gesit, terug gestaan en gewag. Nie te lank en die maat word wakker, kyk na die stewel en skree baie upset "wie is die d....s wat dit gedoen het", en so in die opstaan vat die stewel en gooi hom in 'n rigting in. Kom ons sê net dat hy baie vinnig en met 'n ander tipe skree sy stewel gevolg het. Ek glo hy slaap tot vandag nie meer kaal nie.
Ouuuuuuch!:hyst::hyst::hyst::hyst:
 

Fanie

Sealiner
Shame die arreme ou sleep dit seker nou nog met hom saam...

Storie verwyder. Dit het gedoen gehad met inspeksie, maar dit was nie regtig "grappig" snaaks nie. Sorry
Onthou hoe as iemand so hard snork dan gaan haal jy sy stewel, klim terug in die bed en gooi hom met die stewel. As hy daar wakker word en hy gooi die stewel uit buitentoe... nou ja, more oggend onthou hy hy't gesnork.

Ons het 'n ou gehad wat so vas geslaap het, en gesnork het. Het hom een aand uitgedra en op die parade grond gaan neersit. Die volgende dag het die RSM omtrent 'n hart aanval gehad toe die hele parade aangetree staan en hier in hulle midde rond le die maat nog vas aan die slaap.

Gepraat van RSMe, TD opleiding in PTA het so befoeterde rsm gehad, sy bynaam was Galoopie. (Wie van julle onthou nog die Total petrol ? se Gallopie's ?) Sy drywer was so 'n slap troep wat niks kon reg doen nie. Die' troep het hom verskeie kere uit die Willies jeep laat val.

As ou galoopie se links dan hou die troep reguit aan, en as ou galoopie skree 'draai links !' dan draai die troep skerp regs... en daar trek ou galoopie. So ronde klein mannetjie kan nogals rol hoor.
 
Top