Ontdekking van n nuwe dual tip section combo.

Doel: My doel is om n combo van 2x tips en 1x butt te vind wat beide hengelbaar is en goeie sinker gooi vermoe te toon as wind opkom en afstand nodig is tot op a mate, my doel is gladnie om n extreme caster te kweek nie. Ek is nie n stok bouer nie, maar maak gebruik van Craig Neill van CDS Angling, hy het vir my 2x G2 1-2oz 13ft stokke gebou, het hulle gaan toets en het gevind M1 op 130m-145m is haalbaar, het op a line clip van 135m gehengel en was elke keer behaal tot wind op gekom het, ek het toe oorgegaan na P5. Die stok het met 7 gooie 154m, 157m, 162m, 168m, 161m,158m en 145m behaal, maar wind was van die kant af, so daar was dus a loop in die lyn. My waarneming tydens die gooi sessie met die sinker was, die stok oorbuig bietjie te erg. Ek kom toe trug en kry vir my P4's en P5's na n volnaweek se gooiery het ek bevind die stok doen met n P4 so 144m as jy hom hard druk. P4.5 kry ek so 135m - die is well gemeet op n veld met n tape measure. So toe het ek oorweeg om DC lites aan te skaf maar het gevind dat dit slegs n 5m verbetering toon op die beste gooi met selfde gewig, moet nog P5 toets op hom. Toe het ek lank met n bestaande stok gespeel en uitgevind dat die stok Stok X se tip pas presies in my G2 butt. Die Stok X het ongelukkig Seaguide Titanium dioxide Oval Low rider oogies. Hier volg my toets van die 2 stokke - G2 1-2oz 13ft 3.5lb TC en Tip X 12ft 3.75lb TC.

Begin van dag 1

Tip X, G2 butt, p5 wind taamlik sterk
143
142
145
142
140
147
132
153
135
171
Gemiddeld: 131
Nota: stywe aksie

G2 stok combo, p4 wind taamlik
134
140
141
140
Gemiddeld: 138.75
Nota: maklike eye wrap.

Einde van dag, G2 combo lyk goed maar is nie sinker gooi nie, meer gemik op bol. Beste gooi 171m met P5 met taamlik min wind, indien well. More sal ek die Stok X butt toets saam die Tip X en G2 butt met Tip X.

Begin van dag 2

Tip X, G2 butt, p5 wind taamlik sterk
135
Nota: Clip-on swiwel trek oop en sinker is weg, wind versterk, P4.5

Tip X, G2 butt, p4.5 wind taamlik sterk
121
133
103
132
135.5
Gemiddeld: 124.9
Nota: Styf en voel of ek stadig is. Einde van krag, begin spoed.

Tip X, G2 butt, p4.5 wind taamlik sterk
135
149
139.5
139
145
132
Gemiddeld: 139.91m
Nota: Werk aan spoed, maar dink sinker is te lig

Stok X Combo, P4.5 wind taamlik min
116
136
145
138.5
118
Gemiddeld: 130.6m
Nota: stok voel swaar, dik om die grips en lomp

Einde van dag, begin voel of ek in die rigting van die stok se aksie begin regkom in terme van regte gooi styl (G2 butt met Tip X). Voel of die tip swaarder moet gelaai word, dalk n P7 miskien? More sal ek konsentreer op die G2 butt met Tip X. Beste gooi met p4.5 was 149m met n taamlike sterk wind van skyns van vooraf, so 10h - 11h se kant.

Nota: Raad nie van toepassing nie, n persoon het my geadviseer dat ek met die G2 minder spoed en meer krag moet gebruik, dit het nie gewerk nie. Hoe meer spoed, hoe meer werk die stok vir jou met sy super vinnige reaksie en hoe elastisiteits vermoe om van optimale buig tot normale ongelaaide staat te spring in n oogwink.

Verduideliking van hoe die nuwe tip werk, dis n 3.75lb TC, met ander woorde dit vat 3.75lb om die tip op optimale buiging te kry sodat hy jou maksimum afstand gee. Nou met die stywer tip in die selfde butt section, veroorsaak dit dat die butt section begin te buig voor die tip en dus maak dit die tip baie baie stywer laat voel, met n P5 knak die tip liggies liggies, byna niks. Nou enige iemand wat n G2 hengel sal vir jou se sy rug is behoorlik hard. So die nuwe saamestelling werk goed. Hopelik binnekort hengel meer mense met dit.

Ekstra vermoede: die afstand sal toeneem na mate die gehalte van die oogie, ek dink nie die oval oogie is so fantasties nie.... Want logika agter die stok vertel jou dat wanneer jy daai stok hard gooi, dan maak daai lyn loops soos hy van die katrol af trek. Nou met daai oval oogie veroorsaak dit n groot - klein - groot tipe siklus en ek is amper seker daarvan jy verloor afstand daarmee.

Begin van dag 3

Tip X met G2 butt, p4.5 wind waai sterk
138
141
137
130
138
133
145
143
145
142
144
135
138
Gemiddeld: 139.92
Nota: Tekens van lynskade begin duidelik raak, 9 skoon lyn breke gehad vandag, aantal gewigte en tackle verloor so ek gaan die avontuur vir eers stop. Soos dit baie finansies verg.

Einde van dag 3, goeie dag gewees, ek is tevrede met my uitslae en het tot n gevolgtrekking gekom dat my volgende stap is om die oogies te vervang met behoorlike Fuji low rider guides. Ek glo egter die afstand sal verbeter, maar die eintlike wins aan die saak is, minder lynskade as gevolg van die Fuji se goeie gehalte guide. Die proses is taamlik duur, die vervanging van guides kos my R600, die Tip X kos my R395 - net vir die tip section, my G2 hengelstokke het my R2200 stuk gekos. Die somtotaal van die 2x tip en 1x butt section beloop R3195 per stok.

Gevolgtrekking: R3195 vir die specialised G2 dual tip of R1900 vir G2 met generic guides en R1300 vir Sensation DC180? Die DC180 sal die Tip X ver outcast. Ek dink die DC180 is die beter keuse teenoor die nuwe Tip X vir die prys.
 
Dankie, het eintlik dit gepost sodat ander hulle ontdekkings wat soortgelyk is, ook sal deel. So sal meer en meer mense n gevoel he van wat jy na moet kyk as jy n stok koop.
 
Top