ONS STERKSTE VARSWATERVEGTERS

buchi

Member
Dagsê almal, ek wil graag 'n bietjie hoor by hengelaars wat al gelukkig genoeg was om 'n verskeidenheid Suid-Afrikaanse varswatervis gevang het, op verskillende hengelgerei en tegnieke, watse varswaterspesie, inheems sowel as uitheems reken hulle is pond vir pond van die sterkste vegters in ons waters ?  Ek weet jy kan nou nie 'n veertig kilogram baber met 'n vierhonderd gram vleikurper vergelyk nie daarom vra ek pond vir pond.  Ek weet die antwoorde sal subjektief wees maar dit sal interessant wees om te hoor wat dink ons hengelaars.  Julle kan gerus 'n lysie maak van julle spesies.

Dankie

;);););););););););););););););););););););););););););););););););););) 
 

buchi

Member
Interessant julle, baie dankie vir julle lysies sover ek kan uit my ondervinding net ongelukkig nie saam met 21 ftcat stem dat 'n Baars 'n Bloukurper sal klop pond vir pond met 'n geveg nie, nie eers naby nie.  Snaaks dat 21 ftcat jy nie een moddervisspesie op jou lys het nie.  Weereens is almal geregtig op hulle eie opinie en dit wat hulle ondervind het.  Jonathanw jy het nie een geelvisspesie nie en dit is nogal interessant.

:cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool:
 

buchi

Member
Dit sal nogal help as die hengelaars spesifiek kan wees deur byvoorbeeld te sê kleinbek- of grootbekgeelvis en nie net geelvis nie, dieselfde met ons moddervisspesies.

_seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1_
 

buchi

Member
Ek het nog nooit 'n Vaalrivier karp gevang om te kan sê nie, ek kom te min by die Vaalrivier, in my opinie het ek nog nooit enige karp geklassifiseer as 'n baie sterk vegter nie, meeste karp voel vir my soos 'n nat handdoek wat ek intrek.  Snaaks genoeg die kleiner karps van so 3-4 kg gee vir my 'n groter geveg as die groottes wat ek al gevang het.  Ek glo enige vis in 'n rivier sal dalk sterker wees a.g.v die strome.  Ek is ook nog nie gelukkig genoeg dat ek 'n tiervis gevang het nie maar ek glo as ek kon, sou dit hoog op my lysie gewees het.  Ek het al geelvis gevang maar nog nie groot genoeg om te kan sê hoe veg 'n groter een nie, ek glo 'n geelvis sal ook my lysie maak.  Enige moddervis baklei vir my hard my lysie volgens dit wat ek al gevang het pond vir pond sal soos volg wees.

1. Bloukurper
2. Vaalrivier moddervis
3. Rooineus moddervis
4. Groot Vleikurper
5. Baber
6. Kleinbekbaars
7. Grootbekbaars
8. Karp


:cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool:
 

CarpKing375

New member
Hi buchi,
As jy n goeie geveg soek defenetief 1.tiervis en dan 2.klein- of grootbek
geelvis op n 7wt (geelvis) of 8wt (tiervis) fly setup defenetief een van die beste gevegte wat jy op vars water kan beleef!
::tight::
 

buchi

Member
Hi CarpKing 375 ek vat jou woord daarvoor ek het nog nooit vlieghengel gedoen nie en sal dit baie graag wil probeer ek glo beide 'n tiervis en geelvis gee vir jou 'n ordentlike geveg.  Ek was die naweek anderkant Parys langs die Vaalrivier en ek het so gehoop ek vang 'n mooi grootbek- of kleinbekgeelvis maar ek kon slegs 'n baie klein kleinbekgeelvis vang.  Ek het alle ase probeer sonder enige sukses maar dit is mos maar deel van hengel.  Ek persoonlik glo dat dit nie meer so maklik is om geelvis te vang soos in die verlede nie.  My oupa het destyds baie-baie geelvis gevang sommer net op bruinbrood maar ek dink dinge het bietjie verander.

Dankie

:sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa: 
 
Top