online fishing shop

stephan005

New member
hallo

ek het my eie visvangwinkel en wil dit online maak aangesien huur te duur raak.

wie sal hulle dips ball dips floats ens online bestel dat dit by jou afgelewer word?

wil net graag weet of daar wel n mark is vir dit of sal ek my tyd en geld mors?

enige kommentaar sal waardeer word

stywe lyne!
 

Stroppie

New member
Hi boet.

My gevoel is dat dit vir my lekker is om in te stap, rond te kyk, te voel, te ruik en dan so bietjie strooi praat met die mense daar, raad te vra en te hoor wat gebeur in die damme daar rondom. Baie maal stap ek in oor ek in die omgewing is en spandeer dan geld op kleinighede soos ekstra hoeke, gewigte, ens wat ek eintlik nie nodig het nie.
 

Roliocat

New member
Stem saam met Stroppie oor die besigheid van met die neus koop maar nou moet ek sê dat daar baie tye is waar ons weet wat ons wil hê voordat ons instap, soos lyn, katrolle, hoeke, grondvoer en kan dus gekoop word sonder om die winkel te besoek. bv. jy weet jy wil 7lb Double X hê en klaar.

Ek het al heelwat op die Internet gekoop en die belangrikste is natuurlik prys, afleweringskostes, en hoe lank na die betaling kan aflewering geskied.

Indien jy sou besluit om aan te gaan hiermee - asb maak seker dat die manier van betalings doen nie beperk is tot kredietkaarte en die Paypal soort van dinge is nie.  Ek moet baie keer Internet aankope laat verby gaan omdat dit nie voorsiening maak vir EFT nie (daar is regtig mense soos ek wat nie kredietkaarte gebruik nie) :)
 

Schobies

New member
Stem saam met Roliocat, wil ook va en voel en het glad nie kredietkaart nie, EFT of kontant die al. Kry goedkoper perseel - jou kliente sal jou volg.
 

stephan005

New member
baie dankie vir almal se raad ek waardeer dit opreg baie!

die winkel gaan ongelukkig vir eers toe maak, wil nog eers meer navorsing doen voordat ek oorhaastig iets begin.

moet vir nou eers van alle stock ontslae raak
 

stephan005

New member
daar is nog redelik baie stock oor van papgooi, spesie en ook nog bass! is nog besig om alles reg te pak! sal n pryslys deurgee sodra die pryslys beskikbaar is
 
Top