Ons was nou Saterdag op die dam en het van die boot af gehengel. Oor die winter maande het die water mooi skoon gelyk maar Saterdag vir een of ander rede was die water erg besoedel. Ons weet almal hoe swak die water gehalte is maar daar was allerhande goed wat in die water rondgedryf het. Sover die visvang gaan, ons het een mooi Karp aangekeer en so ses Barbers. Vorige naweke het ons somer n klomp Karp gevang, ek dink hulle is nou in die spawn.