Nylon Stroppe

Grootseun

New member
More Manne, na aanleiding van die experts se advies oor hoe 'n Karp eet - deur die voer in te suig en uit te blaas- het dit vir my sin gemaak om my hoeklyntjies bietjie langer te maak en dan ook die hoeklyntjies te bind met iets wat baie "slapper" is as gewone vislyn.

Na baie kontemplering oor die issue het ek vir my 'n tolletjie groen nylon gare gaan koop en my stroppe daarmee gebind.

Die breekkrag van die gare is seker rofweg geskat so 14 pond en bind vir my makliker as vislyn alhoewel dit nie so rekbaar is nie.

Die nylon gare is in my opinie ook baie "slapper" as vislyn en teoreties behoort dit dan makliker te wees vir die vis om die hoek wat met nylon gare gebind is in te suig as hy om die grondvoer vreet.

Kan ek julle manne se opinie hieroor kry asseblief?

 
 

PI

Senior Member
Nee jissie meneer,
dis die eerste keer dat ek hoor dat iemand dit gebruik vir hoeklyntjies.
Sal die nylon nie na n rukkie sag word of vrot nie.
Laat ons maar weet hoe dit vir jou werk
 

christodeb

Senior Member
Vir gewone oewerhengel is 7lb of 10lb nylon die heel beste. As jy spesie hengel gaan doen dan sal ek die nylon coated hooklinks aanbeveel.

As jy garing of gewone sagte braid gebruik, gaan jy sukkel met die goed wat koek.
 
christodeb wrote:
Vir gewone oewerhengel is 7lb of 10lb nylon die heel beste. As jy spesie hengel gaan doen dan sal ek die nylon coated hooklinks aanbeveel.

As jy garing of gewone sagte braid gebruik, gaan jy sukkel met die goed wat koek.
Veral in die skepnet. Het jare terug soft braid gebruik cir hoeklyne .......... en dit was 'n nagmerrie.
 

andre.lombaard

New member
Om eerlik te wees dink ek nie die materiaal waarmee die hoeklyne gebind word maak te veel saak nie, ek gebruik nylon vir gewone oewer hengel en braided lyn vir spesie hengel. Albei lewer goeie resultate. Ek het nog nooit gehoor dat gare gebruik word vir hoeklyne nie, maar as jy logies daarna kyk is braided lyn ook seker maar 'n tipe garing :) Maak maar net seker dat die garing wat jy gekoop het sal hou in die verskillende kondisies waaring jy hengel,dan behoort daar geen probleme te wees nie. Hoeklyne van sowat 15 tot 20 cm werk gewoonlik die beste vir my, weereens hang die lengte van jou hoeklyne natuurlik af van die strop wat jy gebruik.
 

Skuimkop

Sealiner
Grootseun nou dat jy so praat van Karp wat vreet gaan kyk bietjie na die volgende link. Daar sal jy op daai video's mooi en in lewende lywe kan sien hoe vreet 'n Karp. Baie interesant.

http://www.youtube.com/results?search_query=korda+underwater&aq=f
 

Brakkanjan

Senior Member
Die voordeel van die nylon is dat dit rekbaar is. Ek het nog nooit gehoor van iemand wat garing gebruik vir hoeklyne nie, nie eers die Pro's nie.  

 

Bly eerder by wat werk, as jy regtig 'n dun hoeklyn wil aansit sou ek na die AWA SHIMA lyn gaan kyk. Jy kry baie baie dun lyn wat hel sterk is.  

Ek dink daai garing gaan jou rondneuk, is daai garing abraision resistant? ;)  

:::S
 

Naruto

Sealiner
wat vir my die beste werk sover is xx se 7lbs mono of selfs die 7lbs high abrasion. Ek het al gekyk na nylon gare en ek dink nie dit is so sterk nie en ek weet nie hoe lank dit sal hou in die water nie. Ek sal nie met vertroue met dit kan hengel nie.

My 2c
 

shuraj

Sealiner
Try the awa Shima 7lbs - 10 lbs - soft cast , it works well and is the thinest line on the market.

I stand to be corrected.

 

 
 
Top