Nuwe viskas

Jake the Snake

New member
Daai is my Half Jack laaitjie......;)

Nee daarin kom al my stroppe en tooltjie en so aan.

Ek het een van daai plastick vis kassie gevat en gemodify om al my stroppe te vat i.e M0 M1 M1.5 en P4's
 

Gertus

Senior Member
hoekom al die lyn in onderste laai.. ek het twee.. een skag lyn vir stroppe/leader line en 9lb vi hooklinks .. dan het ek een tolletjie met 15ft leaders op met snap swivels klaar aan..
 

Jake the Snake

New member
@ Gertus

Die lyn is `n noodsaaklikheid...LOL
Die eerste tol is vir my leaders, Want jy weet nooit hoeveel jy gan afgooi nie. Ek het ook nog `n kleiner tolletjie in my boonste laai wat klaar gemaakte leader het, maar soos ek gesien het by die SA'a het ek op een dag 15 leaders afgebreek met vashaak plek.

Tweede en derde tol is 10lb en 7 lbs hoek lyn, vierde een is extra spole lyn vir hoof lyn.

Ek hou daar van dat al op een plek is en nie orals rond le in die kas en daai sak nie. Nou is al op een plek en ek hoef nie meer rond te soek vir die goed nie.
 

Naruto

Sealiner
Netjies! Ek soek ook een! lol!

Gertus, soms gebruik die manne verskillende hoeklyne diktes vir verskillende vis. As mens muddies met n vaste rietvlei teiken sal mens eerde dan 7lbs lyn gebruik wat meet soepel is en makliker deur die klein vissies ingesuig kan word. Die dikker 10lbs is dan nou weer om groter vis te teiken.
 

Visman

New member
Baie netjies..... Geluk!

Daar is net 1 kas..... Dewalt vd Walt se kaste
Die beste kas wat daar is!
 

Attachments

  • Capture.jpg
    Capture.jpg
    55.8 KB · Views: 354

Visman

New member
Nevar wrote:
Heh die kas gaan jou nie maak grooter vis vang nie.Maak liewer seker jou lyn is in die water.

Ek stem, maar dit gaan nie altyd oor groter vis vang nie maar eerder hoeveel vis..... En die kas gaan dit ook nie vir jou doen nie. Gaan jou net help om dit geriefliker en makliker te kan doen.... En so kas sal jou baie lank hou
 

Optimus

Member
Hi jake was asb daai bottel regs voor man.(lol). Ek dink daai kas is baie netjies. Stem nie regtig saam met die kommentaar oor die ander kaste nie. Ek voel dat jy moet gemaklik wees met wat jy hengel. As jy nie gemaklik is nie sal jy nie lekker hengel nie. Prys gewys het jy goed gedoen.

nee man hou by wat jy gemaklik is. geniet daai kas en ek glo dat dit lekker lig is.
 
Top