Hi manne, was nie die naweek by Jims nie as gevolg van skade aan die huis na een murse storm Vrydag aand wat ek moes herstel.
Het egter op die thread afgekom op een van die ander forums.
Ek is seker die outeur van die thread sal nie pyne he om dit hier te deel nie, dit is immers alles in die belang van visvang.
"Het toe by OOM Jim se see, teen Saterdag oggend 07h30 Geland. Bietjie rond gery om te kyk vir plek. Die plek is verwaarloos en dig bebos. Chalets is leeg en sommige se vensters is stukkend. Niks werk. Geen water of krag. Die hout huise is weg. Baie min mense was teen woordig. Seker net so 5 kampe wat ek kon sien dit.
Die gras lanks die oewer was darem gesny.Ek het my gunsteling spot gekry. As jy regs draai by die hek. Verby die petrol pompe aan die regter kant. Net waar die concrete blad klaar raak. Het ek links ge-gaan.
Stokke reg gemaak en gegooi teen 08h30.
Regter kant se stok, ge-load met Koo Mielie boonste hoek en FX fload onder. Uie dip op die bol en ge-pos op so 90 meters.
Linker kant se stok, ge-load met net Koo Mielie bo en onder. FX en Banjo op die bol en oor die kop ge-gooi, om ‘n kol te maak op so 60 meters.
Tent toe op geslaat en ons kampie opgerig. Vis was stil. Seker geskrik, vir die Funny reuke en kos, wat hulle seker 2 jaar gelede gesien en geryk dit. Weer was mooi, hier en daar ‘n wolkie wat darem die son, weg-gehou dit.
09h00 toe loop my regter kant se stok. Land toe ‘n gras karpie van net onder die 1kg. Wat met die floatie geflous was. Load dit dieselfde en pos hom dieselfde afstand.
09h30 toe loop my linker kant se stok. Land toe ‘n +/- 3 kg Karp. Teen 1 uur toe het ek al 6 mooi karpe in my net. Let wel, tussen die tyd het ek al seker 4 mooies gemis. Ek onthou eers na ‘n tyd om my daichie no: 5 hoekies bietjie toe te knip. Nadat ek dit gedoen het. Toe haak hulle mooi en het niks weer vis verloor.
Vis het net dood stil geraak toe daai son stil staan. Ek het toe my linker stok, ge-reload met dieselfde dips en net Garlic by ge-voeg. 2 Karpe was so geflous en geland. My regter kant se stok, het 3 barbers van bo die 1 kg merk opgelewer. Hulle het die floaties beet gekry. Mind jou niks babers het uit gekom op my baber stok, ge-load met muddie kop.
Na 4 uur die middag was alles dood stil. Ons het gesit tot 10 uur die aand en toe maar in die vere geklim. Sondag oggend 6 uur is ons weer op en reload ons stoke. ‘N Ligte mot reentjie het so teen 8 uur begin val. Toe begin die vis te byt. Ek het teen 10h30 nog 3 karpe geland en 2 verloor. My vriend het net gras karpe gevang en ook paar mooi karpe verloor. Die rede hoekom hy so klein gevang dit. Was omdat hy nie so vêr kon cast dit. So ja casting het my gehelp.
Die nuwe eienaar (het sy naam vergeet) was baie vriendelik en het ‘n 20 liter drom water vir ons gebring. Ons het R40 rand vir die kar betaal en R30 per persoon per dag. Kon nie verstaan hoekom ons vir sondag moes betaal dit. Aangesien dit ons vertrek dag was. Ons het teen 12 uur die middag vertrek. Volgens die eienaar is daar 10 chalets aan die linker kant beskikbaar vir R100 ‘n nag. Daar is niks in die chalets en jy moet jou eie matras en die nodige saambring.
JA NEE, OOM JIM SE SEE HET NOG BAIE MOOI VIS.