New World Record Catfish (line class)

Ek het hierdie baber laasweek in die oranje rivier gevang op die 50lbs lynklas wat 33.5lbs was en my baber het 40.19lbs geweeg
lengte 141cm 
tans besig met papierwerk en ek hoop IGFA sal dit goedkeur as nuwe Wereld Rekord

Rob wat die verspreider van TEAM CATFISH is in Durban het aan my n klompie CATFISH produkte gegee om te toets en dis die resultate en my eerste probeerslag kry ek n lynklas rekord
Ek het die hoeke wat Super J is en die catfish swiwel met rubber stopper gebruik. Dit werk uitstekend en ek kan dit aanbeveel aan almal. Die rooi spray is ook n wenner.
my gerei was Shimano bootstok, Shimano penn katrol en ek het met Perline original vislyn gehengel(baie sterk lyn wat die rotse en boomstompe se punch kan vat) 
die aas was n hele moddervis bietjie pap geslaan sodat die reuk kan versprei en stukkies vis ook deur die water weggevoer word. Ek gebruik gewoontlik hele karp of dan moddervis wat my gunsteling is.     
 

Attachments

  • IMG_0033.JPG
    IMG_0033.JPG
    57.9 KB · Views: 365

Cheetha FS

Sealiner
Baie baie geluk!!!! Ek is kry sommer hoendervlys toe Robert my bel en se ek moet kyk! Die gear is regtig van gehalte en moet stem dat die super J koning is! Dit is waarvan drome gemaak is!
 

Skuimkop

Sealiner
Well done Hennie, maar aai hoe verlang ek nou terug na daai wereld. Hopenlik sal my dinge so uitwerk dat ek ook die naweek die nuwe gear 'n go kan gee en hopenlik kan ek ook mooi terug voering gee met goeie sukses met die snorre

Weereens geluk met jou rekord. Jy het darem al so een of wat op jou kerfstok so ek glo nie jy sal probleme kry vanaf IGFA.
 

Simen

Sealiner
:SSSUitstekend en baie geluk, 'n vangs om op trots te wees.:SSS

^^.. Plaas asb 'n foto van die super J hoeke wat jy noem
 

Skuimkop

Sealiner
Simen wrote:
:SSSUitstekend en baie geluk, 'n vangs om op trots te wees.:SSS

^^.. Plaas asb 'n foto van die super J hoeke wat jy noem
Simen gaan kyk bietjie onder die ouer baber threads hier onder vir een van my post wat se opskrif lees "HOEKE". Daar is 'n foto van die Super J hoek daar.
 

Anthony_Britt

New member
Well Done Oom Hennie': Hoe werk die lyn klass ding, want ek weet ek het nie so lank terug nie n 16kg Baber gevang op n 10lb lyn? tel dit dan nie vir iets nie?
 

Cheetha FS

Sealiner
Anthony_Britt wrote:
Well Done Oom Hennie': Hoe werk die lyn klass ding, want ek weet ek het nie so lank terug nie n 16kg Baber gevang op n 10lb lyn? tel dit dan nie vir iets nie?
Jy moet aan n club behoort om n rekort te laat tel. Dit gaan oor die skaal ens.
 

nobbles

New member
Anthony, you need to be part of a club like Cheetha said, but you there are also the IGFA records. Go on there site and there will be rules for there records.
 

Skuimkop

Sealiner
Cheetha FS wrote:
Anthony_Britt wrote:
Well Done Oom Hennie': Hoe werk die lyn klass ding, want ek weet ek het nie so lank terug nie n 16kg Baber gevang op n 10lb lyn? tel dit dan nie vir iets nie?
Jy moet aan n club behoort om n rekort te laat tel. Dit gaan oor die skaal ens.

Ek dink amper dit is nie meer so nie. Miskien vir 'n SA rekord maar nie vir IGFA nie. Dink jy moet die plek gee waar hy gevang is en 'n sample van jou lyn instuur sodat hulle dit kan toets.

As ek reg is hou SA manne/vroue al die Skerptand babers behalwe in twee lyn klasse. Die twee is in Tailand of een van daai lande gevang en is anyway heeltemal belaglik. Nie lank nie dan is al die rekords SA sin.
 

Danievg

New member
Baie geluk Hennie dit is well done... ek moet weer terug gaan Lugmag toe julle ouens het baie tyd vir hengel...LOL
 
Top