Was daar van 13 Feb tot 27 Feb, die vis was bitter skaars, 'n sterk "sidewash" met baie gras. Het vir die twee weke net 'n paar jong kabeljoue, omtrent 6 mooi galjoene en 'n paar mooi kolsterte, en dit tussen twee persone. Ons het omtrent al die plekke tussen Vlokskasbagen en Horing baai gehengel.
Daar was in die tyd baie min vis skoon gemaak by Skubbebar, maar ek verstaan dat die manne baie en groot kabeljoue gevang het net voor ons daar aangekom het.
Ek het my eerste Bronzie aangehad, maar my arms was te min en te dun vir hom. Na 'n uur se baklei was hy omtrent 40 meter van die kant af, ons kon hom sien heen en weer swem maar ek was klaar, hy het my ligaamlik gebreek en my swaer weier om te help. Dit was toe ook net hier waar die lyn gesny is deur iets wat ek nie kan verklaar nie, duidelike sny merke is op die lyn sigbaar en daar is omtrent twee en 'n half meter van die leader lyn (1mm) plus die strop van 600mm weg. Op daai stadium was dit vir my 'n verligting want my voorarms en hande kon nie meer nie, maar ek sal weer probeer, volgende keer.