kaptein delarey
Sealiner
Na hierdie jaar se Artlure Seminaar het ek vir die eerste keer 'n paar pakkies Sada Curlytails, in 'n klompie kleure en groottes, aangeskaf.
Ek het die curlies al 'n paar keer uitprobeer, maar nog niks met hulle gevang nie ... tot hierdie naweek toe nie!
Ek van die kant af by 2 JHB damme gehengel met twee stokke - een rigged met kunsaas vir bass en nog 'n stok met 'n klein curly en splitshot, gereed om mee te dip as ek enige klein spesies gewaar.
Die oggend het maar stillerig begin met net een kleinerige baars - en toe sien ek hulle ...
'n broeipaar Vleikurpers omring deur honderde van hul mikroklein kroos.
Ek het my baarsstok neergesit en versigtig met my ander stok, 'n medium 'motor oil' curly op 'n #16 hoekie voor die twee vissies gedip.
Die mannetjie was sommer dadelik hewig omgekrap, en met sy 3de hap na die asie was hy vas! Ek het hom vinnig uitgelig, 'n paar kiekies geneem en veilig vrygelaat.
Ek het probeer om die wyfie te kul, maar sy het ewe rustig heen en weer om haar kroos geswem.
Dis toe tyd gewees om na die volgende dam te beweeg.
Daar aangekom het ek na die eerste paar gooie 'n klein baars gevang op 'n watermelon gold fluke.
Ek het toe so entjie aangestap na 'n plekie waar ek weet daar groot vleikurpers skuil. Daar gekom was die broeipaar aktief besig om hul nes/kroos te verdedig. Daar was baie baars, karpe en babers wat in die omtrek, so die vleie was lelik omgekrap.
Hierdie keer het ek 'n oranje/rooi curly gewerp en dit netjies tot bo hul nes ingekatrol.
Dit het 'n hele paar probeerslae gekos, maar die mannetjie het uiteindelik raak gehap - wat 'n bielie van 'n Vleikurper!
Mens kon duidelik sien dat die mannetjie al hierdie broeiseisoen al 'n paar 'shots' gevat het, want hy't hier en daar beskadigde en af skubbe gehad.
Om en by 20cm lank (die paving-steen vir size reference).
Die wyfie was nog groter en vetter as die kalant, maar ek kon haar nie gevang kry nie - dalk volgende keer!
Wat 'n lekker en suksesvolle uitstappie!
Cheers

. My eerste vis op kunsaas was ook vleis op curlies toe die wurmpies net op die mark gekom het naby Badplaas in 'n plaasdam. Ek het al gesien dat die wyfies meer gretig is om te gryp as hul jou nog nie gewaar het nie. Nou gewoonlik is die mannetjies meer aggresief, die trick is net om jou curly so paar aggresiewe plukke naby die wyfie te gee en dan te laat lê op die bodem. Gewoonlik sal die mannetjie eerste jou wurmpie gryp maar moenie dan kap nie. As jy dit naby genoeg aan haar laat sak sal sy die gryp en dan maak jy vas met 'n groter een. Meeste van die tyd as die wyfie sien hoe die mannetjie gevang word dan kry sy lock-jaw. Hierdie vis is vet pret om te vang as hul so op die neste is