My skoonpa is opsoek na hierdie 2 dips en het my g

wmpruis

New member
My skoonpa is opsoek na hierdie 2 dips en het my gevra of ek dit iewers vir hom kan kry.

Weet iemand watse dips dit is?

Of wat is die naaste plaas vervanger?
 

Bruggie

Sealiner
Ek het deur my Lys gekyk maar kry niks op hulle nie. Ek is seker een van die ander ouens kan jou dalk help.

dink dit is dalk twee nuwe dips van Supercast
 

Naruto

Sealiner
Boerboel wrote:
Spyker is 'n dip van Pieter Stolz van Advance Angling in Alberton, ken nie SG nie
Dis reg. Het hom vamdag geruik. Amper soos tac(tcp, almond en iets soets soos kiana). Ken nie sg nie, maar wel bg wat n passionfruit is. Wie maak hom?
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes manne, ek ken ook nie SG nie maar BG word gemaak deur Jan van den Heefer. Ek het die 100ml boldip gehad, baie dik en goeie vrugte-geur wat al 'n paar vis in my sak geplaas het.
 

wmpruis

New member
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het nie 'n idee wie dit maak nie, my skoonpa het 'n lys combinasies wat hy by iemand gekry het en dit het SG en Spyker op.

Champion dips het ook 'n BG
 

Bigdan

New member
Ek dink die is die SG wat hul van praat.

Sun Glow (Sunset Tan)[/b] )
sunset powder, orange one, knife tip
1 bottle eagle peach bol dip
Thin with almond and rose essence , add some banjo/condensed milk
 

Theuns

New member
Hi Almal - "long time no type" haha, ek kan help hiermee - SG is 'n boldip van Oom Sarel Goosen in Heidelberg, (Sarel's Hengelgerei & toebehore), Oom Sarel is self 'n gewese Springbok hengelaar met baie ondervinding, hy het my eendag voorgestel aan SG, en ek moet ek se hy kom nogal goed deur sekere tye en plekke, ek kan regtig nie se wat daarin is uit die reuk nie, maar as ek moet se is dit karamel, vrugte en baie floro! dis Oom Sarel se geheim daardie! sien ook foto. Sy Kontak besonderhede soos op die bottel is, (016) 341 5615, Marshall str 19B, Heidelberg.

Groetnis

TJ
 

Attachments

  • IMG00023-20110909-1800.jpg
    IMG00023-20110909-1800.jpg
    20.6 KB · Views: 107
Top