My Nuwe Viskas

Brakkanjan

Senior Member
Baie baie nice, ek glo dat daardie kas baie ligter as die hout tipe kaste wat ons gebruik ook gaan wees. Ek dink net dat ek dalk i.p.v. die glas ook alm sou gebruik, wat 'n lieflike werksoppervlakte sal maak.

Groete van die see ;)
 

fighterjock

New member
Hehe, dankie Brakkanjan, ja ek kon dit miskien doen maar die glas lyk baie beter en ek kan nog steeds daarop werk, dit is 13mm dik en gelamineer, so dit is baie sterk en kan net afgevee word as dit vuil raak. Die kas is lekker lig en maklik om skoon en netjies te hou.
 

Brakkanjan

Senior Member
Dis soos 'n groot battle-box wat net baie lig en luuks is ;) Baie geluk. Ek dink baie keer ek moet meer net my battle-box begin gebruik.
 

fighterjock

New member
Dankie , ja dit was die idee agter die meer kompakte eenheid, ek het te veel goed saamgevat as ek gaan vis, nou is dit net die boks en die battlebox saam. Werk baie lekker!!
 

fighterjock

New member
Ja Bruggie, alles was off cuts van deurraam en vensterraam aluminuim, die glas is ook n stukkie van die Standard Bank se vensterglas wat oorgebly het. Ek het net die rubber seel, pop rivets en skarniere ens gekoop, kos my onder R200.00
 
Top