My eie nuwe Viskas

Brakkanjan

Senior Member
My seuntjie het my al verskeie kere gevra hoekom gebruik ek 'n mooi houtkas en hy 'n plastiek-kassie.

Hehehe - hy wou toe my groot kas oorneem toe gee ek hom 'n verassing vandag, hy wil hoeka weet wanneer gaan ek en hy dam toe en die keer wil hy oorslaap.

Ek kry toe hierdie kassie vir hom vandag, gemaak van Ply-wood. Ek dink steeds dis 'n goeie begin ;)
 

Attachments

  • IMG00321-20111206-1454.jpg
    IMG00321-20111206-1454.jpg
    38.7 KB · Views: 246

Brakkanjan

Senior Member
Hier is ons plan van aksie:

Dips:

  1. Banjo[/*]
  2. Plakker[/*]
  3. Vaaldam/BG Mix[/*]
  4. Almond Supreme[/*]
  5. Bunspice[/*]
  6. Carp Cream(Pineapple)[/*]
  7. Caramel Flouro[/*]
  8. Pink Sweets/Peach[/*]
  9. Pink Sweets[/*]
  10. Crazy Bull Spray (Fruit)[/*]
  11. Koue Front Spray (TCP / Lemon)
[/*]
Oom Hennie se Floats:

  1. Almond Mallows[/*]
  2. Caramel Mallows[/*]
  3. Raspberry Mallows[/*]
  4. BG Mallows
[/*]
Die harde Plain Comp Floats is in my kas asook die mielies.

 

Die laai onder het 10 stroppe wat wissel van 'n M1 - M1,5, asook 'n spring of 2, poliesmanne en rekgare(Hy wil nog 'n baber ook vang)

Kyk hierdie gesiggie!!
 

Attachments

  • IMG00325-20111206-1823.jpg
    IMG00325-20111206-1823.jpg
    46.4 KB · Views: 236

Koper

Senior Member
Mooi man, maak nie saak hoe dit lyk nie, hulle waardeer dit, daai gesiggie sê alles!

Ek moes een middag vinnig vir myne 'n boks aanmekaar slaan, dit werk vir hom.  Dis die idee wat tel!

Onthou, ons is mense met sout in ons are wat agv ontrekkings simptone maar die rivier besoek, so dis nie naastenby so prakties soos julle bokse, die visse hier rond ken in elk geval net KOO mielies & erdwurms!
 

Attachments

  • Kaptein 1.jpg
    Kaptein 1.jpg
    55.5 KB · Views: 227

Danievg

New member
Well done manne..

Dit is net leka dat ons jong latte saam met ons wil gaan vang en ni eerder saam ma by huis wil bly om PSP en al daar stront te doen ni.

Hoop julle gaan nog baie visse saam met julle jong latte vang

 

::S

 

 
 

JFE

Senior Member
Brakkies jy is in die moeilikheid ouboet, daai mannetjie se determinasie is priceless, hy gaan vir jou uit jou sokkies uit hengel, hahaha jou nonsens is geboek. Ek laaik hoe trots hy daar sit, jy gaan in groot marakas wees as jy aan sy kas peuter. t(((up((
 
Top