Muddy Red

Brakkanjan

Senior Member
Ek het nou al die hele dag aan hierdie botteltjie Muddy Red pitte van Supercast gesit en ruik wat ek vandag gekoop het.

 

Ek kan ongelukkig nie uitmaak watse geur dit is nie. Kan iemand my bietjie advies gee hieroor asb. Ruik vir my soos 'n sagte aarbei/pink sweets. Ek mag dalk verkeerd wees.

 

Dankie ouens ;)
 

Brakkanjan

Senior Member
Dankie ou Skuimpie, het hom nou net weer geruik en wragtig, jy is reg. Ek het selfs 'n peach Boldip gaan haal en ook geruik, ja hulle is baie dieselfde.

Dit lyk ook of hy dalk 'n ligte flouro kan inhe.

Het vandag ook 'n botteltjie Martin Louw Honey Toffee Apple Honey dips gekoop, ek weet dis spesie dips maar gaan op my bol try die komende naweek. Daai goed is flippen dik en het 'n great geur ;)

Gaan van die Muddy Red Pitte ook laai. Sal 'n glyserine bruinbrood backing maak met bietjie vlapoeier ook.

sal 4 hoeke in die water he, elke hoek gaan ek 'n pit en iets opsit.

1) Pit en Wurm.
2) Pit en Float.
3) Pit en bruinbrood.
4) Pit en deeg.

Sal dan kyk wat gebeur.

Ek het 2 boteltjies met tiger nuts , Perdeby(Supercast) en Scopex(BFA) maar dink my eendag sessie is te kort om hulle te try.
 

Skuimkop

Sealiner
Gewoonlik as Muddy Red die dag goed werk kom Rosé en Rhodium (Sterk Rosé) ook mooi deur. Speel tesun Muddy Red en Rosé om te sien of jy jou tempo kan opjaag met die ander een.
 

Eviljohnny

New member
Muddy red is nie net peach nie as ek reg onthou is daar so klein bietjie apricot daar by.

'n bol dip wat altyd nogal baie goed gewerk het was apricot jam en muddy red.
 

AMG1

Senior Member
jip dis n peach dip wat daar by is het ek nie n clue nie. Die dip werk soos n bom op die muddies in Arabie. en ja as hy werk kan jy maar Rose ook gooi.

Wat ek wel doen as ons muddies tyken en my tempo gaan af op die Muddie red dan vat ek hom weg en gooi rose en DD wat ek 50/50 gemeneng het. Dit bring normaal weg die tempo weer terug waar na ek weer na muddie red ssal terug keer.
 

all rounder 1

New member
Brakkanjan wrote:
Ek het nou al die hele dag aan hierdie botteltjie Muddy Red pitte van Supercast gesit en ruik wat ek vandag gekoop het.

 

Ek kan ongelukkig nie uitmaak watse geur dit is nie. Kan iemand my bietjie advies gee hieroor asb. Ruik vir my soos 'n sagte aarbei/pink sweets. Ek mag dalk verkeerd wees.

 

Dankie ouens ;)
sover ek weet is dit peach en strawberry specialmin)
 
Top