Mootibox

Oom G

New member
Ek het n' tydjie terug vir my die nuwe Magnum viskas gekoop (ten duurste) van sensation en het so 10 keer in totaal met hom gehengel, maar nou sien ek raak die ding flimsy.....Nou wonder ek...wat is die beste....gekoop of self gebou....
 

Jake the Snake

New member
Of kry maar net iemand wat weet hoe om kaste te bou om vir jou een aan mekaar te sit.

Ek dink om deur al daai tyd te gan om een vir jou self te bou, sal jy def meer genot en plesier uit hom uit kry. Maar jy sal nooit die finish kry wat jy wil he nie.

Sal altyd aan hom dan wil werk en tweek ens.
 

Oom G

New member
Is seker so...maar weet jy Jake, ek het R2600 vir my kas betaal so n' ou verwag dat jy waarde vir jou geld kry...maar lyk my nie dis die geval nie, jy weet...Ja, laat n' kas bou uit hout, maar hy weeg n' ton as hy vol is, waar die nuwerwetse goed veronderstel om lig sowel as stewig te wees...en lyk my nie dis die geval nie....Ja...as ek hom met allerhande swaar goed geoorlaai het dan het ek verstaan maar wragtag,hy's nie eers swaar nie en hy's al klaar flimsy...:cens::cavmn

Maar hout is seker op die lang duur die beste.... of is hy...?:?
 

Jake the Snake

New member
Nee beslis. As jy daai prys betaal het dan sou ek ook die duiwel in gewees het.

Maar vir my is `n hout kas maar die beste. Ja seker oor `n tydjie gan hy bietjie hier los trek hier en daar krap, Maar dis niks wat jy nie kan reg maak jouself of vir goed koop laat reg maak nie.

En ja hy is swaarder as die aluminuim kaste maar jy gan hom tog net twee keer per dag rond dra. in die oggend en in die middag...so is dit regtig so erg...treak dalk jou kar dan net `n bietjie nader.:hyst:;)
 

Oom G

New member
Hoooor nou....:clow As die terrein dit toe laat...LoL!!
Ek het die stel gekoop, magnum stand+kas, en dit was 4000 gewees so ja, is seker maar nie lekker om te sien as jou geld so wankelrig raak nie...:(

:cry1
 

connas

New member
kyk alleminium is mooi maar nie naasten by so sterk soos daar gese word nie ek sal saam met die manne stem met self gebou

ek het n kas op sealine by n ou gekoop is n mooi kas en als maar selfs ek is te bang om te swaar te gaan met my inhoud hou dit maar min want sdie kas het nie n sterk bodum nie

as jy iemand ken wat goed is in houtwerk en mooi kaste kan maak sal ek heeltemal eeder aan beveel om daai waarde wat jy sou spandeer op kaste wat grootmaat gemaak en verkoop word eeder te gebruik om na daai hout werk persoon te gaan en se watse ssort hout j wil gebruik en hoe jy dit wil he hetsy net met laaie of n deksel en laai daar is n groot verskuidenheid van keuses dit verskil mar van hengelaar wat vir hom die gemailkikste en maklikste manier is
 

Jake the Snake

New member
Kyk ek wil nou nie self adveteer nie maar......................

 

Dit kom ook maar neer op advertering, so ek het die res van jou post ge-edit.

Admin JPS
 

connas

New member
@oom g

myne is maar n beginner kas ek het r450.00 daarvoor betaal maar gaan nog eendag as ek groot is n kiaat kas bou
wag net dat die skip met die geld kom hehehehe
 

Oom G

New member
Connas....my skip bly sink oor hy in iemand sn vas seil....is dit nie dalk joune nie...? :)

As jy een koop, maak seker oor hoe sterk hy is, want dit gaan jou ten duuste kos om hom te vervang....het klaar daai toets gedop.... :(
 

HENIEKIE

New member
afternoon boys!!

wat dink julle ouens van die groen en geel "fibre glass" kaste wat tekoop is? is dit duursaam en sterk. noem my maar gek maar kan ek vir my n kas bou uit "perspex"?

ek het n twee borde wat net le en die goed praat met my[nie letterlik nie]. dis n 5mm vir die boks self en 3mm vir die afskortings in die laaie.
 

connas

New member
daai fibre glass kaste moet baie nekies afgewerk word behalwe dit is dit betroubaar wind en weer bestand , sterk, maklik vervoerbaar en maklik om te maak ek sal se van al die kaste wat vandag op die mark is sal n fibre kas die maklikste wees van alles maar die enigste nadeel van die kas sal wees sy looks hehehehe weet nou nie of is dit maar net ek wat so pickie is nie maar my broer het een van daai fibre kaste ma nie my smaak nie . eks sal ma eeder by my kas bly dankie hehehehe het al heeltemal te veel tlc in daai kas gesit hahaha call me crazy ma ek is mal oor my hengel
 

Brakkie

New member
Ek wil een van daardie bamboo kaste koop, ek dink dit is iemand van supercast wat die goed bou en die persoon by ons tackle shoppie sê R1600-00. Blykbaar is die bamboo die rolls royce.... ek hou nie van die dun metaal kaste nie want hulle is te wankelrig as hulle vol gelaai is.
 

Oom G

New member
Hoe duk is die wande van daai bamboo kaste se wande....?
Sal hulle kan hou as die kas heeltyd vol is....?
 

Jake the Snake

New member
Die Wande is 30mm dik en hulle is baie stewig.
Ekke maak die bokse vir Super cast en dan is daar ook Dewald van der Waldt.
PM my as jy details wil he oor pryse ens.
 
Top