Moontlike plekke om te spin

die spook

Senior Member
Een van my gunsteling plekke om vir elf te spin is Velddrif op die weskus. Met al die bote op die water gedurende die vakansie kan vis maar sku raak en dan moet mens maar ander hengelplekke probeer.

Plekke soos Jacobsbaai, Saldanha, Spreeuwalle en Visklip by Langebaan (waar die witstomp populasie so baie knoue toegedien word) lyk asof hulle potensiaal het om groot elwe op te lewer, tog het ek nog nooit enige spinnermanne daar opgemerk of selfs gehoor van vis wat op kunsaas daar gevang was.

Wie van die Sealiners het al bogenoemde plekke probeer en met kunsaas sukses behaal? Laat hoor asb van julle.

Groete
 

die spook

Senior Member
Wat ek dink sal werk by Jacobsbaai:

kabeljou-paddletail en toby lepel

elf-toby lepel, Z Killer, CID Shiverstick en Storm Flutterstick

leervis-plug, Rapala Skitter V, Z Killer, Shiverstick en Flutterstick

Daars glo geelbek ook, watse kunsaas verkies hulle?
 
Top