Modder Strop

Jeandre458

New member
Ons was die naweek by 'n dam wat vol modder was en die vis het glad nie gebyt nie, ek wil net weet of daar enige manier is om my aas bo dit te hou enige hulp sal waardeur word.
 

Wernerbloem

New member
Wat ek persoonlik sal doen, ek sal in die geval van 'n Rietvlei strop my hooklinks baie langer maar en altyd met floaties vang om daai hoek uit die modder uit te lig. Ek sal selfs my boonste hoek op die gly rietvlei afhaal die onderste een se hooklink lekker lank maak en 'n pop-up op n hairrig sit ek kyk of dit nie dalk iets oplewer nie.:fishn
 
Of maak n vaaldam strop waarvan die onderste gedeelte waaraan die sinker kom, sowat 50cm lank is. Probeer dan ook met 'n ligte sinker onderaan te hengel of selfs 'n spring. Ek het al provinsiale hengelaars gesien met 'n vaaldam strop van amper n meter lank.

Die probleem kom in waar jy op afstand moet hengel en dan moet jy maar die voer aspek agterwee laat en net met die groter sinker hengel.
 
Top