middag mede hengelaars kom ons deel van ons de

connas

New member
middag mede hengelaars

kom ons deel van ons deeg resepte met al die nuwe linge

hier is my no 1 deeg wat vir my die beste werk

soet wit deegie

bestandele :

koekmeel

sprite (

en n vlak plastieke houer

en  water verkieslik die water waar jy gaan hengel anders kan jy gewone water ook neem , maar ek het ondervind dat die visse meer van die deeg hou wat met hulle eie water gemaak is as die van gesuiwerde water

metode:

neem 2 eetlepels koekmeel en gooi dit in die plastieke houer of bakkie , gooi dan sprite by  ek gooi gewoonlik so 2 tot 3 coke proppies by , roer dan die mengsel tot dit aan die teelepel vas sit vat dan nog koekmeel en begin die deeg in ju handpallem te knie as die deeg aan ju hand vasklou gebruik dan nog koekmeel en knie dan die deeg weer , die deeg sal n stywer deeg word as dit reg is om gebruik te word meeste mense het sy eie manier hoe hy/sy van die tekstuur hou wat vir hom/haar maklik hanteerbaar is en wat maklik aan die hoek gesit kan word  , verpak die deeg dan in n bank sakkie en seel dit goed

die deeg is nou reg om DAAI OU :wfish  te gaan soek

happy fishing :ifishin 

 

 
 

Naruto

Sealiner
Maklike een van my:
Koekmeel, Water, Bruinsuiker, teelepel, baker....

Gooi soo een teelepel suiker in die koppie. Voeeg twee teelepels water(damwater) by en roer tot suiker opgelos is. Gooi een teelepel koekmeel by en roer. As die mengsel aan die lepel vassit goei nog koekmeel in klein hoeveelhede by terwyl roer. Sodra die deeg begin loskom van die beker af is dit reg. Sodoende het jy glad nie aan die deeg geraak nie so daar is nie sigaret of enige ander snaakse geure wat dalk aan jou hand kan wees in die deeg nie.
 

connas

New member
hehehe naruto

jy raak tog aan die deeg as jy die aas an jou hoeke sit lol maar dis n goeie plan ek het al probeer om dit met n lepel te roer ma dan kom my deeg snaaks uit , ek knie eerder die deeg maar voor ek dit hanteer was ek m y hande met moirs vanilla , en dan maak ek die deeg
 

Naruto

Sealiner
Party ouens maak die deeg bietjie slapper aan en sit dit dan met die lepel in n inspuiting. Hul raak glad nie aan die deeg nie... As ek nou net kan byvoeg, ek maak baie min my eie deeg. Koop sommer Carp World se Semolina deeg en so houer hou my soms tot n jaar. Het al baie klubkoms gewen met strawberry deeg van Carp World.
 

PI

Senior Member
Ek sit gewoonlik vanilla op my hande om enige funny reuke te vermy. Vanilla bly lank op jou hande en is redelik sag opd ie vis.

PI
 

Jake the Snake

New member
Ek maak myne amper dieselfde as Naruto aan, maar sal waneer die lepel nie meer so lekker wil meng nie eers my hande was en dan hom rol in my hande en bietjies vir bietjies meel byvoeg totdat hy BAIE warm en stuif is.

Bestandele:

Metode een

Koek meel

Canderell (Verkoon die spelling)

water

Metode Twee: (Het al baie gewerk vir my)

Koek meel

Sprite(net dit - geen water word bygevoeg nie.)

Ek maak gewoonlik so twee pakkies aan wat ek dan ruil in die halfte van  die dag sodat ek altyd `n vas degie het om op te sit.

Ek gooi nooit iets by my deeg by nie. Sal hom dip as ek `n geur wil he.
 

connas

New member
more mede hengelaars

ek het ondervond dat egg yellow en vla poeier n doodlike kombinasie is vir karp dis nou net die klientjies byt

jou deeg en dan om dit af te top honey glow dip bo en banana pineapple mix op die bol die onderste hoek sit ek gewoonlik of vanilla of bloekhom op

jy vang gou ju net vol maar jy raak ook gou keelvol vir die klientjies , maar dis wat ek sal gebruik as ek n kompetisie sal hengel om my nette gewig op te kry of wat dink julle mense sal die bogenoemde plan sukksesvol wees ?

connas
 

karp_101

New member
Hi almal,

Ek is redelik onervare, maar 'n baie nice degie wat ek by 'n redelike kenner geleer het is soos volg.

Koekmeel (so 2 teelepels)
Lemon Essence (2 druppels)
Baie klein bietjie red Fluro (net 'n paar korreltjies)
Water.
 
Top