Ek sien jy het onder die varswater jou artikel "gepost", maar kom ek probeer jou antwoord.
Sou jy net gewone lyn (mono) aan 'n enige gewone hoek vasmaak wil ek se 99% van almal gebruik die figuur 8 knoop.
Braid sal ander knope wil he wat by die lyn pas.
Die knoop is van die sterkstes wat daar is. ( onthou ons praat van allerdaagse visvang en nie spesialis hengel nie ).
Enige knoop is net so goed as wat jy hom maak. Die beste knoop sleg gemaak beteken niks.
Kyk op die forum, daar is baie knope in detail bespreek en uiteengesit.
My kommentaar en advies: kies vir jou die knope waarmee jy gemaklik is en BEMEESTER hulle.