Middag aan almal. Ek het gister by UJ's by die

Benbreda

New member
Middag aan almal.

Ek het gister by UJ's by die Vaaldam gaan gooi vir karp. Ongelukkig was die plek baie vol en ek moes ver na lings gaan om n oop stukkie te kry. Voor sulke hoe dooie bome.  Ek het so 80m na n 100m gegooi. Na so n uur se stilte het ek vinnig 6 karpe na mekaar gevang. Van die begin af het ek met m2 mushroom en 1 (een) hoekie(no.1) op my rietvlei stroppe gebruik. Die hele tyd kon ek voel die vis kom tussen n hakkerigheid deur maar met n bietjie geduld en sag werk het ek hulle tog in die net gekry. Toe kom die wind op en maak nie saak hoe postief die vis die aas gryp nie kan ek hulle nie uitkry . Die spul haak die hele tyd vas.  Ek het slap lyn gegee sodat die vis hulsef kon los swem, sinker vervang met m1(ligter) , Vlakker gegooi, my stok hoog opgelig as ek in katrol, maar vassit was my voorland.  Die ander ouens om my het net so gesukkel.  Ek het maar vir myself gese as dit die pen is wat jy trek in n kompetisie moet jy die beste daarvan maak of blank.  Kan enige iemand uit vorige ondervinding miskien vir my bystaan met raad hoe n ou die situasie kan/moet benader en jou rig aanpas?.  Ek het selfs my drag styf gedraai ingeval die vis met die loop slag homself in die obstruksie in vas swem. Kan dit wees dat die sterk  wind n ou se lyn in die obstruksie vas trek?

Dankie

 

 
 

carpoholic20

New member
Instead of using two hooks you could of changed your rig and used a single hook so when the fish is on you dont have the second hook dangling behind and then getting stuk! Works for me!
Good luck and tight lines!!

My 2million zimbabwe cents worth!
 

Skuimkop

Sealiner
Ben jy het die regte ding gedoen om met een hoek te vang as jy begin vassit. Jy kan ook 'n gly Babyshoe stroppie gebruik as jy met twee hoeke wil vang. As 'n vis die aas op die een hoekie vat gly die ander hoekie deur tot by die swivel en hak dan daar vas en hy is dan ook uit die pad uit en hak nie aan obstruksies vas nie.

Jou probleem was egter iets anders. Het die wind dwars of van die kant af gewaai? Indien wel het die wind jou lyn teen obstruksies gewaai en sou jy telke male vas gesit het. Indien dit gebeur maak jou lyn so gou as moontlik styf na jou aas/bom die water geslaan het en druk dan jou stok se punt in die water sodat jou lyn vinnig op die bodem gaan lê. Ek stel dan my pod/stand sodat die stokke se punte permanent in die water is en gebruik dan 'n hanger as polisieman tesun die stok se ogies. Die bite indication is nie so goed soos gewoonlik nie maar dit doen darem nog die ding. Jy vang dus met 'n stywe lyn wat jy na die bodem forseer. As ek in katrol 'wade' ek dan ook in wat ook bietjie help. Die is nie die oplossing nie maar dit help my met die Kaapse wind wat mos maar altyd hier waai.
 

Vleipadda

Senior Member
Ek stem Skuimpie alternatief kan jy van "n backlead gebruik maak (bly nie verniet in die Kaap van Storms nie) wees net bereid om n paar te verloor Oja en dit voel baie anders om n vis in te bring met die extra gewig
 

Simen

Sealiner
Hier is 'n Saltie se raad wat in sy dae ook probeer varswater hengel het.

Wanneer jy 'n vis "vasmaak" voor aan die hoek, moenie inkatrol nie, tel jou stok so hoog as moontlik bokant jou kop op.

Enige vis swem teen die stremming van die lyn, m.a.w. hy swem weg van jou af. Omdat jou lyn dan vas is aan jou stok beteken dit dat hy in werklikheid "weg" boontoe swem. ( die hoe stok maak mos nou 'n hoek na die vis toe)

Effektief tel hy dan self jou lyn van die bodem af op,( sou jy gemaak het soos Skuimkop se en jou lyn so vinnig as moontlik op die bodem kry, ) dan le jou lyn op die obstuksies en nie om hulle nie.

Sodra jy dan agterkom die vis het jou lyn van die bodem af opgelig kan jy jou stok laat sak en inkatrol.

Onthou--- jy het vir ure gewag vir 'n vis om te byt, hoekom wil jy hom in 'n minuut op die kant he.
 

Benbreda

New member
Baie dankie vir al die "feed back". Die wind het van die kant af begin waai en dan het my lyn so n bakhand na die een kant toe gemaak. Ek was bang dat as ek dit styf in die lig laat trek dat ek van my kol sou af wees. Met nadenke moes ek ook nie na die ligter sinker toe verander het nie die swaarder een kon gehelp het om my lyn styf te hou?
As ek myself weer in sulke omstandighede vind sal ek defintief julle raad volg. Nogmaals baie /thank you en stywe lyne aan almal!
 

Freaky Frikkie

New member
Ek weet dis dalk bietjie laat, maar wou net gou seg dat ek nou onlangs van die underwater kites raakgeloop het en die goeters toe sommer gou gaan uit toets het. Ek moet regtig se dat daai ou klein plastiek skyfie wragtag goed werk.
 

Vleipadda

Senior Member
Ek en skuimpie bly in Slaapstad of almal slaap of almal is gerook so ons is gemideld so tussen 6 en 9 maande agter julle manne
 

Freaky Frikkie

New member
lol ag shame man, ek sal kyk as ek kansie kry en nie soos n mal hoender rondhardloop nie of ek n pic of twee kan laai van die megafters.
 

GTX

New member
:fishnHengel met jou ONDERSTE hoek op die glyrietvlei strop, knip die boonste hoek af, sodat as die vis jou hoek optel, dan lig hy jou sinker ook. Dit werk gewoontlik beter as om met die boonste hoek te hengel want dan hang jou sinker onder die vis en kan sodoende nogsteeds verstrengel raak in die haakplekke.
 

Benbreda

New member
Goeie dag aan almal.

Ek het toe die naweek n kans by Arabie dam gekry om die raad ivm met vassit toe te pas.  Ons het in n strook water gehengel wat gevorm is deur die kant en n ry ou bome wat seker so 90 na 100 m in die water gestaan het. Die basbote het aan die agterkant verby gejaag na hulle spots toe. Die muddies het goed gebyt op so 50/60m maar ek moes net vir n karp probeer dar waar die bome was. Ek het toe my boonste hoekie op my rietvlei stoppie afgehaal n mieliept met n degie backing opgest en daar langs die een boom my asie gegooi. En toe wag ek. Na so 40 minute trek die styf gestelde rem weg en hy nou nie op nie. Ek maak vas en kan voel dat dit dirt n swaar vis is. Die hele tyd kan ek voel hoe die lyn aan struktuur raak. Ongelukkig is ek n bietjie ongeduldig en alhoewel ek net n mushroom sinker en die een (onderste hoek no.1 7lb hoeklyn) het kry die vis dit reg om die heoklyn te breek of iets skerp het dit afgesny. Ek kan dit nie glo nie.  Rig toe maar weer op. Die keer vervang ek my 7lb met n 12lb hoeklyn. Ek knip weer die booste hoek af maar die keer bind ek n klein loopie in die boonste hoeklyntjie en ryg n paar mielepitte met n floatie(soos n haar strop ) net om so n ietsie ekstra vir die vis te los saam met die voerbal. . Onderste hoek is weer n mieliepit en n degie.  40min later trek die stok weer weg. Die keer hou ek net die spanning op die lyn en kan voel hoe die vis na boontoe swem. Met mooi voel en stadig in trek kry ek hom toe uit net kort van 3kg. Ek was heel ingenome dat die verstelling en julle raad toe suksevol vas.

Groete

 
 
Top