Middag aan almal.
Ek het gister by UJ's by die Vaaldam gaan gooi vir karp. Ongelukkig was die plek baie vol en ek moes ver na lings gaan om n oop stukkie te kry. Voor sulke hoe dooie bome. Ek het so 80m na n 100m gegooi. Na so n uur se stilte het ek vinnig 6 karpe na mekaar gevang. Van die begin af het ek met m2 mushroom en 1 (een) hoekie(no.1) op my rietvlei stroppe gebruik. Die hele tyd kon ek voel die vis kom tussen n hakkerigheid deur maar met n bietjie geduld en sag werk het ek hulle tog in die net gekry. Toe kom die wind op en maak nie saak hoe postief die vis die aas gryp nie kan ek hulle nie uitkry . Die spul haak die hele tyd vas. Ek het slap lyn gegee sodat die vis hulsef kon los swem, sinker vervang met m1(ligter) , Vlakker gegooi, my stok hoog opgelig as ek in katrol, maar vassit was my voorland. Die ander ouens om my het net so gesukkel. Ek het maar vir myself gese as dit die pen is wat jy trek in n kompetisie moet jy die beste daarvan maak of blank. Kan enige iemand uit vorige ondervinding miskien vir my bystaan met raad hoe n ou die situasie kan/moet benader en jou rig aanpas?. Ek het selfs my drag styf gedraai ingeval die vis met die loop slag homself in die obstruksie in vas swem. Kan dit wees dat die sterk wind n ou se lyn in die obstruksie vas trek?
Dankie

daai platbek gediertes wat jy vang, AIKONA!!