Steve Catlin
New member
If you read the latest Stywer Lyner/Tight Lines you will have seen the article by Danie Engelbrecht on the Catch and release of fish and the use of Maslow's Theory to label the the different levels of Anglers/Fisherman.
I found it very interesting and asked Danie for an electronic copy. Below is part of the article and my response to him on this follows. Any thoughts??????
MASLOW SE BEHOEFTEHIËRARGIE-TEORIE
Terwyl ek besig was met my BEd-graad in Onderwysbestuur het ek kennis gemaak met Maslow se teorie. Ek weer deur die teorie gewerk en dit toegepas op hengel en meer spesifiek die vrylaat van visse. Lesers moet hulself afvra watter vlak by hulle pas. Julle denkwyse asook hoe julle handel, sal afhang van waar julle jul bevind. Ek gaan vyf vlakke bespreek. Julle kan jul op ’n spesifieke vlak bevind of tussen die vlakke in ’n oorgangsfase. Julle moet dus die vlak naaste aan julle kies.
Ek haal graag aan uit die boek Onderwysbestuur : Grondslae en Riglyne deur PC van der Westhuizen (bl 283, 284): “Maslow baseer sy teorie op die volgende drie aannames insake menslike gedrag:
• Daar bestaan altyd iets waarna die mens heimlik of openlik streef; iets wat hy graag wil besit, of ’n ideaal wat hy wil bereik.
• ’n Behoefte wat reeds bevredig is, is daarna nie meer werklik so ’n dwingende faktor soos vroeër nie.
• Behoeftes kan in volgorde van prioriteite op ’n hiërargiese wyse in vyf vlakke gerangskik word:
Wanneer behoeftes soos dié na voedsel, kleding, skuiling en rus in die ‘fisiologiese’ vlak bevredig word, tree behoeftes in die hoër vlak van die hiërargie onmiddellik na vore. Daar is dus ’n bepaalde volgorde in behoeftebevrediging waarneembaar wat ’n invloed op ’n individu se motivering uitoefen.
Daar moet voorts in gedagte gehou word dat, hoewel ’n primêre behoefte se intensiteit afneem namate dit bevredig word (soos dié na voedsel), dit nooit heeltemaal verdwyn nie; dit geld ook vir behoeftes uit hoër hiërargiese vlakke, byvoorbeeld die strewe na mag en status. Dit is ook nie altyd nodig dat ’n behoefte volkome bevredig moet word voordat ’n volgende behoefte ’n dwingende motiveringsfaktor word nie.
Volgens Maslow se teorie verkry strewe na aanvaarding en status eers werklik sterk motiveringswaarde nadat al die ander basiese behoeftes bevredig is.â€
Kennis van u eie grondliggende behoeftes is van belang. Ek dink dat die meeste van ons lesers op die drie hoër vlakke behoort wat onder meer sosialisering, waardering, prestasie, prestige en veral selfverwesenliking insluit.
Vervolgens gee ek die vyf vlakke soos van toepassing op die vrylaat van visse al dan nie:
Vlak een: Fisiologies
Hierdie vlak behels die volgende basiese behoeftes: voedsel, kleding, skuiling en rus. Mense wat nog op hierdie vlak beweeg, is die armes, luies en werkloses. Hulle vang vis om hulle basiese behoeftes te bevredig. Elke vis, ongeag of dit groot of klein of beskermd is, word óf geëet óf verkoop. Met die geld wat hulle uit die verkoop van die visse maak, kan hulle weer klere, kos en skuiling aanskaf. As hulle dÃt kan doen, hoef hulle nie te steel of bedel nie. Hulle sal enige metode gebruik om ’n vis in die hande te kry.
Hierdie mense is verbruikers van visse en sal nie visse vrylaat nie.
Vlak twee: Sekuriteit
Hierdie vlak behels die volgende behoeftes: veiligheid, beskerming teen onsekerheid, verlies aan inkomste, siekte en fisiese gevare.
Visvang (ek praat nog nie van hengel nie) bring sekuriteit. Visse wat gevang word, beskerm die persoon teen verlies aan inkomste en is ’n bron van inkomste. Genoeg visse beteken genoeg voedsel en geld, wat die persoon weer teen siektes en fisiese gevare beskerm.
Hierdie mense is ingestel op verbruik en sal soveel moontlik visse probeer vang om hulle lot te verbeter.
Vlak drie: Liefde
Hierdie vlak behels die volgende behoeftes: sosialisering, ’n gevoel van behoort, aanvaarding deur ander mense en vriendskap.
Hengelaars wat op hierdie vlak ressorteer, hengel in groepe of behoort aan hengelklubs. Hulle besef dat hengel ontspanning kan wees asook dat dit ’n sport kan word. Hulle kan gekies word om vir hulle klub in kompetisies te hengel of om dalk later gekies te word om op provinsiale of nasionale vlak te hengel. Hulle gehoorsaam wette en reëls en geniet hengel as sport. Hengel bied hulle bevrediging. Hieride hengelaars hou van die vis wat hulle vang, want brandstof, toegangsfooie asook klubgelde is duur en hulle kan nie altyd hierdie uitgawes bekostig nie. Hulle is ook bang om na die tweede vlak terug te sak. Hulle is wel onderworpe aan groepdruk en sal soms visse vrylaat om in ’n groep aanvaar te word.
’n Groep hengelaars wat vir my tussen vlakke drie envier val, is die sosiale hengelaars. Hulle kamp vir ’n naweek of ’n paar dae by die water. Vir hulle is die samesyn met vriende en familie belangrik. Hulle hou braaivleis en geniet ’n dop of twee. By dié groep vorm hengel ’n deel van die totale prentjie. Hulle hou ’n paar visse maar wedywer soms onder mekaar oor wie die grootste of meeste visse kan vang.
Hierdie mense begin dink aan bewaring maar is ook nog verbruikers.
Vlak vier: Waardering en selfrespek
Hierdie vlak behels die volgende behoeftes: trots op wat bereik is, mag wat hy homself toe-eien, prestasie, status, selfvertroue en selfrespek.
Hengelaars op hierdie vlak is gewoonlik ryk of gee voor dat hulle ryk is. Die meeste besit aasbote en/of motorbote. Baie van hulle spesialiseer in die hengel van trofeevisse of hengel net sekere spesies soos swartbaars. Hulle het geld en status en kan besluit waar en wanneer hulle wil gaan hengel. Koste is nie ’n faktor nie. Hulle gebruik net die duurste en beste hengelgerei. Hierdie manne hengel vir die plesier en spog maklik oor waar hulle gehengel het asook die groot visse wat hulle gevang het. Hulle streef ook daarna om hul persoonlike beste te verbeter. Hulle het baie selfvertroue en elke vis word vrygelaat. As hulle foto êrens verskyn, moet daar staan dat hulle die vis vrygelaat het.
Hulle vertoon ook graag bekers wat hulle gewen het en in hulle huis pryk trofeë van groot visse soos marlyne en tiervisse. Daar is boonop baie foto’s waar hulle by hul vangste poseer.
Hierdie hengelaars gebruik slegs die visse wat hulle as trofeë hou. As hulle egter by die see gaan hengel, bring hulle die visse huis toe. Dit is tog so edel om ’n varswatervis vry te laat, maar die seevisse trek maar aan die kortste ent.
Hierdie hengelaars se doelwit is volhoubare hengel en bewaring . Hulle gebruik tog soms visse, veral seevisse.
Vlak vyf: Verfynde, hoër behoeftes en selfverwesenliking
Hierdie vlak behels die volgende hehoeftes: vervulling van eie potensiaal, verwesenliking van ’n ideaal wat as die hoogste prioriteit of roeping beskou word.
Hengelaars op hierdie vlak is gewoonlik baie ryk en hengel in weelde. Hulle hoef nie vis wat hulle vang te hou nie, hulle koop dit by die supermark. Hulle beywer hulle vir VEL (CAR) en sien neer op enige persoon wat dit durf waag om ’n vis in sy hounet te plaas. Hulle besit almal bote, vang trofeevisse en spandeer duisende rande aan grondvoer soos boilies om voerplekke te maak. Hulle vang ook op eksklusiewe plekke vis. Sommige beskik selfs oor hulle eie hengelwater.
Hierdie mense neem hulle gesinne na eksotiese plekke soos Alaska om daar sekere spesies te vang. Hulle poog om soveel moontlik spesies te vang. Video’s en foto’s word geneem en met groot trots aan ander vertoon; hulle hét mos status. Hierdie mense hou nooit ’n vis nie – dit is benede hulle waardigheid.
Hulle hehoort aan organisasies wat hulle beywer vir die bewaring van visspesies en die volhoubaarheid van hengel. Hierdie mense is bekommerd oor besoedeling en probeer om die owerhede te oorreed om iets daadwerkliks aan die saak te doen. Hierdie hengelaars speel ’n belangrike rol in bewaring. Soms konsentreer hulle slegs op sekere spesies soos swartbaars en vergeet van die ander vissoorte.
OPDRAG AAN ONS LESERS
• Bepaal self op watter vlak jy jou bevind.
• Vra jouself af wat jy vir die bewaring van ons visse doen.
• Is jy ’n verbruiker of is jy ook ’n bewaarder?
Attention: Danie Engelbrecht
Nice article and as it tackles one of the most important aspects of Fishing/Angling, I strongly suggest that you translate this into English for the “Tight Lines†readers. I speak and read Afrikaans perfectly but do not write it as well as I would like, hence I will have to continue in English.
I never actually thought of applying the Maslow Theory to the release of fish and although in my personal opinion there are glaring gaps in your classification I believe that you have achieved the basic concept.
I think that you should have added the illegal part of fishing into the frame, gill netting, poaching etc. for personal enrichment without any regard to the damage.
When you refer to sickness in level two, do you include addictions to substances and alcohol? I own a liquor outlet and have first-hand knowledge of people fishing to support their habits, they will off-load a bakkie load of fish, irrespective of size at the local Township, sell the lot, replenish the alcohol stock and head straight back to the waters. They are not really interested in personal hygiene, eat some of what the catch, use any method possible and never think of returning any fish back to the water.
In my opinion group or level three, the Angling Clubs do more damage than one would imagine. Although they have their rules and regulations fish are treated as points. You put them in the category of “Love†and yes there is a passion amongst this group but large keep-nets are used, weigh-in is at the end of the session, fish lay around and are handled way too much before being returned to the water. I look at page 24 of your magazine and cringe at the sight of all these fish out of the water. This group is also driven by prestige and recognition, photos and trophies are also a large part of this make-up. A lot of this group are also well off and buy the best equipment and the latest gadgets.
I fall into level 4 and 5, I can buy the best but buy what I feel comfortable with. At the moment I am only targeting Barbel and yes I am chasing PB’s, last week I caught a 32.5kg specimen on 14lb line, the fish was weighed, photographed and released. I am proud of this achievement and not shy of advertising it. This level of Angler is under catered for and that is why we have to pay large amounts of money in order to fish in peace. We are very aware of the environment and the need to preserve it but are faced with Resorts that want to cram as many people in over the weekend in order to get the greatest monetary return. Stands are minute and I often pay for two just so that I am comfortable. I visited a Resort recently, booked 2 stands for just me and my Son and the stand next to us meant for a maximum of 6 rods at a push managed to cram in 16 rods, how is this enjoyable. Resorts and Farmers/Land owners would be better off concentrating on level 4 Anglers, they keep the area clean and care for the environment.
Trust you find this at least readable.
Regards