Martin Louw baits

KUSAF

Senior Member
Well its working. The only problem is they catch more anglers than carp. Rather spend time on plumbing.
 

JH van Rooyen

New member
Ek het 'n vol stel vam sy bait series gekoop teen 'n aardige bedragie en wil net uitvind of en reg gedoen het of my geld gemors het
 

andriesyssel

Senior Member
Probeer dit en kyk , ek het n paar klein vis met ander produkte gevang en toe oorgeskakel na MIXED BERRY TOFFEE APPLE DIP . My vangste het grooter geword by die dam waar ek gaan .
 

KUSAF

Senior Member
van watse size tot watse size het die vis vergroot en wat is die tyd verskil tussen die twee sessies?
 

MadCarper

Sealiner
Die grootte van die vis wat mens vang word nie noodwendig bepaal deur watse dips of baits jy gebruik nie, maar wel hoe en waar jy dit gebruik.

Ek het dit n paar keer gebruik, en dit het definitief n verskil gemaak. Alhoewel die avg. grootte van die visse wel bietjie beter was, was die verskil die hoeveelheid wat gevang is... En dit is wat die doel is van hierdie flavours, stroop, dips ens. nie waar nie? Dit gaan oor attraction. Die soet melkerige flavour help baie om die visse in te trek. Maar jy moet nog steeds die areas kies waar jy die beste kans gaan he om die grotes te vang. Anderste gaan jy dalk meer vang, maar nie noodwendig groter nie...

dis maar my take daarop....
 

andriesyssel

Senior Member
Dit was by RONDEVLEI op die eiland , het baie klein vis gevang 4-6 kg , het oorgeskakel en gevind dat my lyne langer vat om vis te kry maar die groote was beter 8 - 10 kg . NASH BOILIES
 

KUSAF

Senior Member
ok hier is my opsomming wat jy nou hier se Andries:

Met die ML dips vat die byte langer om te kom so miskien vermy die kleiner vis dit agv die dip en sodra die ML dip afgewas is dan tel jy vis op op die nash se reuk. My sienswyse is soos MC sin dat n dip jou meer vis moet gee en as jy langer wag vir byte doen dit nie soos ons dit verstaan nie.

Ek het dit al van tevore by doorndraai teen plain tigernuts getoets en die plain tigers het die gedipte tigers by verre outfish.
 
Top