Ons was daar van die 16de tot die 20ste Junie, was moer lekke weer was goed kon nie vir beter vra nie, maar die see strome wou nie saam speel nie. Het baie shad gevang op ligte gery met lepels maar elke keer as ons hulle probeer lewendig uitsit het, het die strome dit nie toegelaat nie. Ek neem aan dit is as gevolg van die volmaan. Die parkeraad het vertel hulle het die vorige week 2monster Leervisse gevang en ek sal dit glo want met al die shad wat in die omgewing was sou ek geld opsit dat hulle wel in die omgewing was. 90% van die shad was onder 30cm. Was goed om te sien parkeraad hou rekord van die shads wat gevang was en het baie meetwerk gedoen, ek het nog nooit hulle voorheen so op die strand gesien nie. As als mooi uitwerk vir julle glo ek julle sal dit geniet. Daar was baie bote uit en het n paar mooi Cutas (10kg +) gesien wat die manne skoon gemaak het.