Manne, Gee bietjie julle mening oor watse datum

Bruggie

Sealiner
Manne,

Gee bietjie julle mening oor watse datums julle die beste sal pas vir die volgende social.

 

Onthou dit moet voor die winter wees! As ons eers op n datum kan af kom dan kan ons kyk na n venue.
 

Naruto

Sealiner
Net nie paasnaweek nie... Wat van die laaste naweek in april? Gee almal kans om al hul goed reg te kry...
 

Bruggie

Sealiner
Stem saam dat dit nie paasnaweek moet wees nie. Naruto, jy noem nou nog elke keer as ons praat van n social ROOIBULT/ERASMUS.

Ek dink dis tyd dat ons dan daarheen gaan!!

So ons kyk na die naweek van die 28ste April.
 

Skuimkop

Sealiner
Ek sal ook vit Tago stem. Daar is mooi babers wat daar uit kom maar die datums kan my dalk knelter maar ek sal maar moet sien.
 

Astrix

New member
Moet se Baberspan is om die draai van my af dit sal nice wees om die ouens daar te ontmoet nog nie baie by die pan gewees nie maar vis gaan die manne vang en daar is ook mooi babers, nog net gehhor van die mooi karp, grootste wat ons daar gekry het was 3kg, nog net 2 keer daar gewees.
 

BCEC

New member
Bruggie wrote:
Manne,

Gee bietjie julle mening oor watse datums julle die beste sal pas vir die volgende social.

 

Onthou dit moet voor die winter wees! As ons eers op n datum kan af kom dan kan ons kyk na n venue.

Hy Bruggie,

Ek hou van jou verwysing van voor die winter....! Nou ja ek weet nie of dit nou maar by bad luck is nie maar laat die foto onder jou nie so bietjie aan 'n sekere winter social dink nie. En ja dit was die lang naweek van die 27ste April laasjaar geneem by Klub Amigos...... So manne beware! Hy vang jou soos 'n dief in die nag. Gelukkig was die warm kombers weer in maar moes konkas en heaters en allerhande goede gaan koop om wederhelf warm te maak. Venstersdorp se pawn shop het geld gemaak.

Ek is in. Nog net een keer van daai Aqua trippy af langs die water en dis nie cool nie. My dogter my net gisteraand gevra wanneer gaan ons weer!

 
 

Attachments

  • DSCF2251.JPG
    DSCF2251.JPG
    42.7 KB · Views: 73
Top