Hi Nico,
ek weet nie of jy al weg is Luderitz toe nie, eks daar gebore, en my ouers bly nogsteeds daar.
Vis... vis is 'n snaakse ding daar in Lud, daar is kabeljou in die bruin water as die wind jou dik de dinges in waai, die plekke om te gaan is agter die Nest Hotel (vra net), by die Wrak in die lagoon (vra weereens net), en wat ons noem BANKIES of dan Griffeth's baai aan die ander kant van die skiereiland.
Dit is die mees algemene plekke om kabbeljou te vang, mens kry ander soos witklip en kartoffelbucht, maar ek sou nie eers daarmee sukkel as jy nie lank daar gaan wees nie.
Dit help nie jy probeer Kab vang as die suid wester NIE moewies hard waai nie... dan soek jy daai bruin vlekke in die water en jy neek daai lyn so diep as wat jy kan in sy rigting in.
soms saam met die kabbeljou kry jy st. joseph haai, sandhaai, koeihaai, elf en baie skaars baber.
Wat kreef aan betref... die seisoen net VANDAG oop gemaak. daar is vreeslik baie kreef in Luderitz. jy mag van die lighuis af, tot by Grossebucht vang (vra net die locals, maar daar is aanwysings ook). Enige area daar MAG jy kreef uit haal, en meesde van die areas daar sal jy kreef vind. Limiet is 7pp en jy mag elke dag van die week vang.
as die weer NOORD draai (soos dit vandag is) en die mis rol in, dan vang ons hottie op witmossel of op kreef, soms pilchard. enige diep bamboes gat kan potensiaal hottentot lewer, maar die beste plekke daarvoor is klein bogenvelts, en die fjord.
Ek stel voor, jy duik en vang kreef... dit sal jou meesde sukses bied. Die kabbeljou is skaars en groot, en die hotties is 'n wetter jy moet wag vir daai wind om te gaan le.
Verder is daar 'n lekker mosselbed onder by Grossebucht, in die middel, limiet is 50pp, maar sit hulle in water vir 'n tyd dat hulle skoon pomp, het baie sand in.
As jy daar is, maak 'n draai by die oester bar oppad shark eiland toe, en vra vir 'n man met die naam Jason. Hy besit die plek, hy sal met liefde stories met jou deel van vis en enige iets wat jy wil weet (aas, duik, strop, hoek ect.}
Let wel, jy mag geen gooi net vir harder of enige ander vis gooi sonder 'n spesiale lisensie nie, wat jy NIE in die hande gaan kry nie. Jy mag wel kreef met 'n net vang in Namibie.
Kabbeljou vang ons met chokka, witmossel of pilchards
Hotties met witmossel, kreef en pilchards
Steenbras met witmossel (vind self uit waar hulle is hehe)
Elf, ook in die vuil water met pilchard
St, joseph haai met witmossel
Kreef met pilchard in nette, of met ring op stok met perdepote (kreef is by the way orals, ek kan nie beskryf hoe veel kreef daar is sonder om geskors te word vir taal gebruik nie)
moet NIE probeer wurm uit haal nie, jy sal 'n HEFTIGE boete kry, daai sea fisheries strei nie met jou nie.
ps- kanse is goed dat jy nie 'n enkele vis vang nie, besef dit sommer nou al. Daar is bitter min