Hi manne en mannine, het iemand dalk info en kostes vir 'n venue in Gauteng, Loskop dam, Vaaldam, bronkies om die langnaweek te gaan kamp en sommer die boot ok bietjie te gebruik?
Hi @last, probeer Arabie Dam jy kan van die kant af hengel of van jou boot af, die kamp terrein is goed en dis veilig. Jy kan dalk nog die laaste van die groot Blou Kurpers vastrek. Daar is twee plekke een is die Schuinsdraai Natuur Reservaat en die ander is Matlala Aloe. Beide het badkamer geriewe maar ongelukkig kan ek jou nie met kontak no of pryse help nie. By beide plekke hoef jy net op te daag sonder bespreking. As jy besluit om soontoe te gaan laat weet dan kan ek vir jou n bietjie meer inligting gee van die plek.