Yes Brug! Hoop dit gaan nog goed man. Ek was 2 weke by die see en het darem 3 Pinkies en 'n garrick so groot soos my hand gevang.
Ek is besig om die Daiwa's skoon te maak, ek wil hierdie komende Lente my grootste baber nog vang. Ek het daai drie pinkies en so paar vars sardiens huis toe gebring wat van die 2 Sardien - runs af kom wat ek gesien het.
Vir my gaan dit moeilik wees om weg te breek hierdie kwartaal omdat ek op die krieketkomitee dien. Meeste wedstryde is naweke.
Daarna gaan ek weer ernsig gooi.
Hoop dit gaan goed met almal
