Lightstick on bait at night

michael grey

New member
Will I catch barbel better in the night with a light stick with my bait or will the light stick spook the barbel?????replies will be appreciated:::S
 

Skuimkop

Sealiner
Ek weet nie of dit 'n verskil gaan maak nie want babers glo ek nie is so nuuskierig soos bv Karps nie. 'n Ou kan jou afvra of hulle sig goed is met daai klein oogies maar aan die ander kant is hulle weer nag jagters so 'n ou sal ook nie weet nie. Ek sal eerder met meer lok middels soos codliver of so iets eksperimenteer.
 

Pan

New member
Lig is geneig om Babers af te skrik in my opinie.
Ek dink hulle maak meer staat op vibrasies en reuk, (smaak), om hulle kos op te spoor.
Maar 'n mens weet nooit. Probeer dit gerus en gee terugvoering. Dit behoort interresant te wees om te weet.
 

Unlimited

Sealiner
snaaks genoeg, ek weet babers is nag jagters, maar tog vang ek nog altyd meer babers in die dag as in die nag... Wat kan die rede daarvoor wees?
 

Pan

New member
Ek het dieselfde ondervinding as jy Unlimited, maar die vet menere kom gewoonlik in die nag uit. Natuurlike lig skrik hulle natuurlik nie af nie. Het baiekeer die geval in die nag gehad, dat wanneer jy hom inbring sonder lig, is hy heel rustig, maar skyn nou 'n lig op hom en hy maak 'n keerom en skadeddle...
 

Pan

New member
Nog nie gaan probeer nie Rolf. Die werk hou my bietjie vas en die winter wil nie groet nie...
 
Top