Môre T
Ek is van die Baai (PE) en het redelik vrae oor die hoeke gehad en ek lei af dat jy o.a. gaan vir groot haaie ens.
Ek het baie van die Circular hoeke gehoor, maar watter grote stel jy bv. voor vir die gewone visserman wat 1 of 2x per week n 2 of 3ure in die aand gaan vang ? Dan praat ons van die kabeljou, wit steenbras, baardman, grunter .. ens.
Die rede hoekom ek vra is dat die een ou van met niks groter as bv. n 2/0 hoek nie, terwyl die ander ou weer vir jou sê niks onder n 5/0 - 7/0 nie. Ek is eerlik. Ek het nog nooit hoër gegaan as 5/0 nie.
Ek is nou op die stadium dat ek die aanbieding van die aas mooi onder die knie het, maar verloor om die een of ander redebaie vis.
Miskien het jy miskien n meer spesifike voorstel.
Seen Groete